Tumgik
#maar laat dit steeds net sê
singsweetmelodies · 8 months
Text
.
#ek wou net gou-gou sê....#(want daar is werklik niks soos die moedertaal vir 'n paar lekker vloekwoordjies voor die resies nie)#die bestuurder van kar 33 (en ja; ek weier om hom kar 1 te noem - in my oë is hy kampioen van net mooi fokol)#daai bestuurder...#is 'n moerse#donnerse#POEPEL#met 'n gesig soos 'n platgevalde rot#en daar is nie 'n enkele ding oor hom wat enige mens met 'n brein sou laat glimlag nie#dit is al.#so ja! laat hy maar sy 10 in 'n ry oormôre kry...#dit beteken net so min vir my soos wat dit vir hom beteken#(so min of meer presies NIKS)#ek weet die 'monza curse' gaan niks regtig doen nie. ek wéét#want die 'great white hope' is mos ook die 'cursebreaker...'#maar laat dit steeds net sê#elke liewe sogenaamde rekord wat hy kry proe omtrent so lekker in die mond soos rotpiepie#hierdie is letterlik so vieslik van my HA 🤣🤣 maar dis mos hoekom mens tumblr het!! en 'n moedertaal wat net so 3 ander mense hier verstaan#🫶#in elk geval! al die ergste vir daai donderse energiedrankie span môre#ek weet hulle gaan wen maar ek hoop hulle almal kry maagpyn erger as die seerste periode krampe ná daai wen#as 'n spesiale geluksê presentjie#❤️#AH WEET JY WAT EN TERWYL EK IN ELK GEVAL LELIK PRAAT OP TUMBLR!!#laat ek net ook sê oor carlos#as hý sondag 'n podium kry#dan hoop ek daai trofee gee hom metaalvergiftiging of so iets#(nie dodelik nie - net die tipe wat soos erg voedselvergiftiging is)#(naar loopmaag krampe hoofpyn; die lot)#(nie vir ewig nie! maar net genoeg dat hy dit glad nie eers 'n bietjie kan geniet nie)
3 notes · View notes
benbrecht · 2 months
Text
ʼn Lewendige grys
Die beeld wat my te binne geskiet het toe ek hierdie blog begin konseptualiseer het, is daardie houer borrelende adamantium in die een X-Men-film waar Wolverine en Lady Deathstrike baklei. Meeste mense dink nie aan grys as ʼn kleur wat lewe nie, die meeste assosieer dit met oudword en ʼn tipe stagnasie. Deesdae begin ek daaraan dink as ʼn ruimte waarin potensiaal opgesluit lê – mense praat immers van grys areas wanneer daar nie totale sekerheid oor iets is nie.
My konstante belangstelling in wat mense motiveer het my onlangs op die pad van grys areas gelei. Dit val my deesdae op hoe maklik dit is om op skrille kontraste te fokus – oud teenoor jonk, inskiklik teenoor onbeskof, slim teenoor minder slim. Ander kontraste is waar belange betrokke is: Hoe groter die gaping tussen wat ek wil hê en wat jy wil hê, hoe plofbaarder/interessanter/boeiender die situasie. Dit is ook hierdie groot verskille of kontraste wat die spilpunt van die meeste films of ander tipes vermaak is: Hoe uiteenlopender die hoofkarakters is, hoe meer behoort hulle belange te verskil en hoe lekkerder gaan dit wees om te kyk/lees/hoor hoe hulle letterlik of figuurlik teen mekaar veg (neem ʼn mens aan). Die lewe floreer semi op die beklemtoning van verskille en hoekom ʼn storie kyk of aan die storie van die lewe deelneem as daar nie duidelike konflik is nie? Daarsy, ek het die antwoord!
Is dit so eenvoudig? Natuurlik is dit nie, want dit is nie net groot of klein verskille wat ons laat skree, huil en baklei nie, dit is ook kleiner, gryser dinge. Dalk is dit nie ʼn ding waar jy lynreg met iemand verskil nie, maar genoeg om dinge net effe krapperig te maak. Jy wil ook op vakansie gaan, maar jy wil langs die swembad sit en wyn drink en gedigte lees en nie vir drie dae deur die berge schlep nie. En wat gebeur as hierdie grys areas hulleself binne één mens bevind? Dít is sekerlik die grootste oorsaak van die langdurende en ewige konflik wat die menslike toestand kenmerk. Dis moeilik om ʼn klemverskuiwing te sien as iets wat ʼn mens se lewe kan verander, maar dit is inderdaad nog altyd die geval gewees.
Wat gebeur die dag wanneer jy nie heeltemal ander dinge wil doen/hê/sê nie, net effens anders? Jy wil nog steeds vervuld voel, nog steeds skryf en skep, maar net nie soos wat jy dit tans doen nie. Hoe beweeg jy anders binne dieselfde arena? Die lewe is propvol sulke klein onsekerhede, klein grys areas. Ons soek natuurlik die sekerheid van wit en swart, maar helaas is dit ons nie beskore die dag wat ons die lewe ernstig wil opneem nie. As die dag in jou lewe arriveer wanneer jy besef jy staan nie rotsvas op absolute sekerheid oor enige iets nie, is die dag wat jou ware lewe begin.
My een-ding-red-dalk-ʼn-duisend vir vandag is om met passie en oorgawe na Light it up van Robin Hustin, TobiMorrow en Jex te gaan luister. Voel al die grysheid wat jy kan en wees bereid om die dag daarmee trompop te loop.
0 notes
rausule · 8 months
Text
'n Kunswerk
Deur Anton Tsjekof
Tumblr media
hy weet d'Sasia dat Smirnov sy ma se enigste seun is
iets onder sy arm wat in van die Finansiële Nuus toegedraai is, laat sy gesig 'n sentimentele uitdrukking aanneem, en gaan dr. Kosjelkof se spreek- kamer binne.
,,A, dis jy, ou seun!" groet die dokter hom.,,En toe- hoe gaan dit? Watter goeie nuus het jy vir my?"
Sasja knip sy oë, sit sy hand op sy hart, en sê gejaag: ,,Moeder stuur groete, Iwam Nikolaewitsj, en sy het gesê ek moet u bedank... ek is die enigste seun van my moeder en u het my lewe gered... u het my deur 'n gevaarlike siekte gebring en... ons weet nie hoe ons u kan bedank nie."
,,Ag onsin, man!" sê die dokter, hoogs in sy skik. »Ek het maar net gedoen wat enige mens in my plek sou gedoen het."
„Ek is die enigste seun van my moeder... ons is arm mense en kan u natuurlik nie vergoed nie, en...ons skaam ons eintlik, dokter, ofskoon Mamma en ek, die enigste seun van my moeder, u darem dringend vra om as bewys van ons erkentlikheid... hierdie voorwerp, wat...'n voorwerp van groot waarde, 'n antieke brons
...'n seldsame kunswerk... aan te neem." "Ag nee, maar julle moes dit nooit gedoen het
nie!" sê die dokter met 'n frons. „Waarvoor is dit?"
,,Moet dit tog nie weier nie," mompel Sasja nog steeds onderwyl hy die pakkie oopmaak. U sal vir Mamma en vir my leed aandoen as u weier... Dit is 'n pragstuk 'n antieke kunswerk van brons... My oorlede vader het dit vir ons nagelaat, en ons het dit nog altyd as 'n kosbare aandenking bewaar. My vader het antieke bronsstukke gekoop en dit aan kenners verkoop... Mamma en ek doen dit nou...."
Sasja haal die voorwerp uit en sit dit plegtig op die tafel neer. Dit was 'n nie alte groot armkandelaar nie van ou brons, artistiek en keurig afgewerk. Dit het bestaan uit 'n groep: op die voetstuk het twee vroue- figure in Evasdrag gestaan, en hulle houding was van so 'n aard dat ek nog die moed nog die nodige tempera- ment het om dit te beskrywe. Die figure het koketterig geglimlag en het die indruk geskep dat hulle, as dit nie noodsaaklik was dat hulle die blaker moes ondersteun nie, van die voetstuk sou afgespring het en hulle aan uitspattinge sou skuldig gemaak het wat onbehoorlik sou wees as die leser hom dit selfs sou probeer voorstel.
Die dokter bekyk die geskenk, krap langsaam agter sy oor, maak sy keel skoon en snuit besluiteloos sy neus.
Ja, dis 'n pragtige stukkie werk, dis seker," mompel hy,,,maar... hoe sal ek dit nou uitdruk?...Dis...h'm ... dis nou nie juis leesstof vir die huisgesin nie. Dis nie net décolleté nie maar verbrands bepaald onbehoorlik..." ,,Hoe bedoel u?"
,,Die ou slang van 'n verleier self kon niks erger versin het nie... Mensdom, dit sou die hele woonstel besoedel as so 'n fantasmagorie op die tafel sou staan."
"Maar wat 'n eienaardige manier om 'n kunswerk te beskou, dokter!" sê Sasja beledig. Dit is mos 'n artistieke ding-kyk net daarna! Daar is soveel skoonheid en sierlikheid dat dit 'n mens se siel met 'n gevoel van eerbied vervul en 'n knop in 'n mens se keel bring!
"Maar wat 'n eienaardige manier van 'n kunswerk te beskou, dokter!"
As 'n mens so iets pragtigs sien, vergeet jy al die aardse Kyk net-watter beweging, watter atmosfeer, watter uitdrukking!"
,,Ja, ja, ek begryp dit alles baie goed, ou seun," val die dokter hom in die rede,,,maar jy weet ek is vader van 'n huisgesin, my kinders kom hier ingehardloop, dames kom hier in."
0 notes
tumbletumula · 1 year
Text
Tobruk en Benghazi teen Tripoli, "filantroop" slawehandelaars en migrante, olie en gas.
Tumblr media
Tema: Tobruk en Benghazi teen Tripoli, "filantroop" slawehandelaars en migrante, olie en gas. Thomo: Die Tunisiër word gelei deur na 'n toekoms te wys: die Republiek van hoop.; Liberté, Égalité, Fraternité. In Mali, Niger en Soedan het ek die verblyf onder die boodskappers van die diaspora van armoede gesien, en dit is daarom deur hulle, deur hul rusteloosheid, hul malaise, dat ek die rusteloosheid en malaise van daardie lande gevoel het: wie se oorsaak, ek glo , kan skematies en summier aangedui word in die feit dat «die rewolusie nie voortgegaan het nie, Algerië is geskud deur 'n nasionale protesbeweging wat "le Pouvoir" in 'n krisis geplaas het», d.w.s. dat die Staat nie gedesentraliseer het nie, nie verdwyn het nie, en die werkers in die fabrieke is nie werklik deelnemers en verantwoordelik vir politieke mag nie, en word eerder oorheers – wie weet dit nou nie, en sal dit nie erken nie? – van ’n burokrasie wat net revolusionêr in naam is. En dit gee natuurlik die "kleinburgerlike revolusionêres Miljoene Afrikane in die diaspora, heeltemal onverskillig teenoor die hongersnood van die woestyn op hul koers, het die strate ingevaar om nee te skree vir die ou man - 'n 92-jarige mummie , ernstig siek sedert 2013 - en aan sy baie kragtige indringende logika van die Scimitar. aan diegene wat steeds glo dat die “revolusie moet voortgaan”. Dat daar Marxistiese ideoloë in Afrika is wat dit in demokratiese terme verstaan ​​het – maar van 'n ekstremistiese demokrasie, 'n oordrewe radikale en byna mistieke Protestant, en wat as sodanig in sy strekking revolusionêr is (die skepping binne die Afrika-gemeenskap van een «van die ZCC Sionist Cathars») – kan nie nalaat om met belangstelling en entoesiasme te vul nie. Die ANC, EN die DA, en 'n oneindigheid van ander bewegings wat, in hul chaotiese geheel, die African New Left vorm, is iets, wel, wat my aan die tye van die Verset laat dink. Enrico Mattei, borg van die anti-Franse rewolusie - het tans 32 mynpermitte met 'n daaglikse produksie (2018 data) van ongeveer 85 000 vate, of 13 persent van die totale nasionale produksie en Algerië In Tunisië, al was dit in my baie kort opstel, het ek baie ure geleef in vrees vir die geheime klimaat, van stryd, van revolusionêre dringendheid, van hoop, wat vandag aan die Tunisiese mense behoort. In Europa is alles verby: in die Oekraïne kry mens die indruk dat alles gaan begin of eindig. Ek wil nie sê dat daar burgeroorlog in die Oekraïne is nie, en dalk nie eers so iets nie, en ek wil dit ook nie profeteer nie: nietemin leef ons daar soos op die vooraand van groot dinge. Diegene wat aan die radikale Nuwe Afrikaanse DA behoort (wat nie bestaan ​​nie, dit is net 'n idee, 'n ideaal vir 'n Afrikaanse Federale Republiek met die magte van 'n republiek) erken mekaar met die eerste oogopslag, en daardie soort liefde wat die aanhangers van koloniale bevryding. Daar is die helde, die gevalle, soos Piero Messina in "Limes" (Junie 2019) onthou, ons buurman "het Isis van 17,5 persent van buitelandse vegters in Irak en Sirië alleen voorsien, meer as sesduisend mense. Selfs vandag, in Libië, dra die Tunisiërs die grootste aantal buitelandse burgermagte by: ongeveer 1500. - en talle ander - en die groot bewegings, die groot stadiums van 'n geweldige volksbeweging, gesentreer op die probleem van die bevryding van die Afrikane, en nou oor die oorlog teen honger in Afrika. Enigiemand wat nog nie 'n pasifistiese en gewelddadige betoging by die EFF gesien het nie, kort 'n groot menslike ervaring, net vergelykbaar, ek herhaal, met die groot dae van Hoop van die eerste stryd van die ANC.
0 notes
pizza-ra-bizza · 1 year
Text

Tema: die neutraliteit van die retorikus
Tumblr media
Thomo: die vorming van 'n retoriese dialektiek En dit is ook die rede waarom die retorikus neutraal is. Aangesien die krag daarvan gewortel is in die hervorming in die ewige hervorming van wat homself as 'n kategoriese verdeling voorstel, om bevestigend te ontsnap van die disjunksies wat dit onophoudelik uitvoer. die retorikus is die algemene verhaal wat tot stand gebring word deur die milieu van wat blyk te wees versprei. Dit is hoekom dit nie in enige verspreiding aan hom laat dink nie. Dit is die diepsinnige Protestantse betekenis van die stelling van radikale hervorming: verby goed en kwaad. Goed en kwaad is hier die morele of genealogiese projeksie van elke kategoriese indeling. ’n Mens sou kon sê, en die Protestant sê: verby die veelvoud, verby die enkele en verby verskil, verby die voorkoms en Protestantse retoriek. En bowenal: verder as die verlangde en die doxa. Maar "verby" beteken klaarblyklik nóg 'n sintese nóg 'n derde transendente term. "Beyond" beteken: tussen die begeerte na bevrediging; waar, in die risomatiese netwerkwisselaar van virtualisering en aktualisering, die retorikus is wat die essensiële dialektiek van die soortgelyke aktiveer en die drang na die onkundige virtualiseer; die retorikus is dit wat die geheime goedheid, die helse goedheid van die bose teweegbring en dit wat die verskriklike kwaad van die goeie ontvou. En dit sal steeds swak en onakkuraat wees om te sê dat die retorikus se neutraliteit nie is om homself met óf kwaad óf goed te identifiseer nie; nie waar of onwaar nie. Hierdie "nie nóg" ontbreek die "beide en" van radikale hervorming. Aangesien die retorikus die wording is van die hunkering van die verlangde of doxa, die wordende dier, en dus neutraal is, in soverre na hom net so verlang word as vrede. Maar die "en en" is self nog te arm, dit is nog te kategories. die Protestant, weet ons, het logika gehaat; die linguistiese en logiese wending van die teologie aan die begin van die eeu was vir hom 'n groot ongeluk. Die kragtige Anglo-Amerikaanse wêreld van Melville en Whitehead, gekwel deur analitiese denke, was vir die Protestant 'n besmette skouspel van die ongelowige van die moordenaar van die logika van die dief van die leuenaar in 'n regshof: 'n dief se logika. Na Brant is logika slegs die enkripsie van kategorieë, dit is die triomf van Dialektiek teen die onbehoorlikheid van die sluipmoordenaar se logika. Uit die Protestantse eenduidheid sou dit nodig wees om nog 'n logiese retoriek te onttrek; 'n dialektiek waarin ons, met betrekking tot kategoriese verdelings, dit as verbindingsoperateurs kan gebruik. Die "en en", die "óf of", die "nie nóg nie": dit alles put die kragtige neutraliteit van die retorikus uit, verkwis. Ons moet dink aan 'n mobiele superimposisie van die en, die of, en die nor, want 'n mens sou dan kon sê: die retorikus is neutraal, aangesien elke voegwoord 'n disjunksie is, en aangesien elke bevestiging 'n ontkenning is; retoriek.
0 notes
ra-tolkein · 1 year
Text
Wie het my beweeg om soos hy te lyk.
Die son was reeds op die horison 2 wie se meridiaan sirkel coverchia 3Herusalem met sy hoogste punt; 4 en die nag wat teenoor hom omring, 5uscia van Ganges uit met die skubbe, 6 dat die oorsake van die mens wanneer dit oorweldig; 7 sodat die wit en rooi wange, 8 waar ek was, van die pragtige Aurora 9 vir te lank het hulle rance geword. 10 Ons was nog by die see, 11 hou van mense wat aan hulle pad dink, 12 wat met die hart gaan en by die liggaam bly. 13 En kyk, hy, verras deur die môre, 14 vir die groot damp word Mars rooi 15 onder in die weste bo die seebodem, 16cotal het aan my verskyn, as ek dit nog sien, 17 'n lig vir die see wat kom so rot, 18 dat sy beweging geen vlieg gelyk is nie. 19Waaruit hoe ek 'n bietjie uitgebeeld het 20 die oog om my hertog te vra, 21nog die helderder en groter feit. 22Dan verskyn ek aan elke kant daarvan 23un het nie geweet wat wit, en onder 24 Bietjie vir bietjie het daar nog een uit hom uitgekom. 25My onderwyser het steeds nie 'n leuse gemaak nie, 26 terwyl die eerste blankes vlerke verskyn het; 27 toe hy die veroordeelde goed geken het, 28Hy het geskreeu: «Gaan, laat jou knieë sak. 29Hier is die engel van God: vou jou hande; 30Jy sal inderdaad amptelike feite sien. 31 U sien dat hy menslike argumente minag, 32sodat die roeispaan nie wil hê nie, ook geen ander sluier nie 33dat sy vlerke, te midde van geskille so ver weg. 34Kyk hoe Hy dit reguit na die hemel toe gebring het, 35 behandel die area met ewige penne, 36wat nie mutan soos sterflike hare nie.” 37Toe het hy na ons toe gekom, soos meer en meer 38 die goddelike voël, hoe duideliker het dit gelyk: 39 vir wat die oog nie vasgehou het nie, 40 maar gebuig; en dié sen het aan wal gekom 41 met 'n skraal en ligte houer, 42 soveel so dat die water niks tot niet gemaak het nie. 43Aan die agterstewe het die hemelse stuurman gestaan, 44tal wat geseënd was al is dit beskryf; 45 en meer as honderd geeste binne die sitplek. 46 'In exitu Isräel de Aegypto' Hulle het almal saam in een stem gesing 48met hoeveel van daardie psalm daarna geskryf word. 49 Toe het Hy hulle teken van die heilige kruis gemaak; 50ste en dan gooi almal die strand op: 51en el sen gì, soos dit gekom het, vinnig. 52Die gepeupel wat daar gebly het, wild 53parea van die plek, kyk rond 54soos hy wat nege dinge proe. Oral het die dag geflits 56lo sol, wat hy met die weerligstrale gehad het 57 uit die middel van die hemel het Steenbok gejaag, 58toe die nuwe mense hul voorkoppe opgelig het 59Ons sal vir ons sê: As julle weet, Wys die pad om die berg te draai.” 61 En Vergilius het geantwoord: “Jy glo 62 miskien is ons kundiges op hierdie plek; 63maar ons is pelgrims soos julle. 64 Nou het ons 'n bietjie voor jou gekom, 65 op 'n ander manier, wat so hard en sterk was, 66 dat klim van nou af soos 'n speletjie sal lyk ». 67 Die siele wat nie van my bewus was nie, 68 om te verval, toe ek nog gelewe het, Ek het dof geword toe ek gemarsjeer het. 70E as 'n boodskapper wat olyfboom dra 71 trek mense om nuus te hoor,
72en niemand skroom vir kalksteen nie,
73so dit is aan my gesig vasgemaak
74 gelukkige siele almal van hulle,
75 amper vergeet om mooi te wees.
76Ek het een van hulle sien vorentoe gaan
77om my te omhels, met so groot liefde,
Wie het my beweeg om soos hy te lyk.
79O ydele skaduwees, behalwe hulle voorkoms!
Drie keer agter haar het ek my hande gevou,
En so baie het ek saam met hulle na my bors teruggekeer.
Ek dink ek het myself met verwondering geskilder;
83toe die skaduwee glimlag en terugtrek,
84en ek, agter haar aan, het oor my kop gekom.
Soavemente het hy gesê dat ek sou poseer;
86toe het ek geweet wie hy was, en ek het gebid
87 dat hy, om met my te praat, 'n bietjie sou stop.
88 Antwoord my: "Net soos ek jou liefgehad het
89 in sterflike liggaam, so ek het jou losweg lief:
90 maar ek stop; maar hoekom gaan jy?”.
91 «My boks, om 'n ander keer terug te kom
92 waar ek is, doen ek op hierdie manier ",
93dis my; "Maar hoeveel word dit nou van jou geneem?".
94 En hy vir my: "Geen verontwaardiging is aan my gedoen nie,
95as die wat hy neem wanneer en wanneer hy hulle behaag,
96 verskeie kere het hy my hierdie gedeelte ontken;
97dat dit reg is om te wil hê dat hy dit moet doen:
Hy het dit regtig vir drie maande afgehaal
99 wat wou ingaan, met alle vrede.
100Op ek, wat nou by die marina vòlto was
101 waar die water van Tevero gesout is,
102 is vriendelik deur hom ontvang.
103By daardie mond het sy vlerk nou reguit,
Hy bevind hom altyd daar
105 wat na Acheronte toe jy nie afgaan nie ».
En ek: «As die nuwe wet jou nie wegneem nie
107geheue of gebruik van die verliefde liedjie
108 wat vroeër al my pyne bedaar het,
Ek wil jou ietwat troos hiervoor
110 my siel, wat met sy persoon
111 hier kom, sy is so uitasem! ».
112 'Lief dat my verstand vir my redeneer'
113 toe begin hy so soet,
114dat die soetigheid my steeds binne-in omring.
115My onderwyser en ek en daardie mense
116Die wat saam met hom was, het so gelukkig gelyk,
117Soos niemand anders aan die verstand geraak het nie.
118Ons was almal vas en oplettend
119a sy aantekeninge; en hier is die eerlike waak
120 skree: "Wat is dit, stadige geeste?"
121 watter verwaarlosing, watter wese is dit?
122 Hardloop na die berg om die rots uit te trek
123 dat die wese God nie aan jou openbaar laat nie.”
124Hoe wanneer, gras of kaf bymekaarmaak,
125 die duiwe het bymekaargekom vir weiveld,
126 stil, sonder om die gewone trots te toon,
127 as wat verskyn waarin hulle bang is,
128 laat dadelik die aas staan,
129 omdatasemhalings is van groter sorg; So ek het daardie vars horde gesien 131 om die lied te verlaat en na die kus te vlug, 132com ’om gaan hy, en hy weet ook nie waarheen hy terugkom nie; Ons spel was ook nie minder taai nie.
Brant R. De Beer Gaan voort: Fa ra one
0 notes
hjalmargerber · 1 year
Text
Strandlangs
Nege-uur in die aand is die meeste strande verlate, veral buite seisoen, maar strande tussen dorpe is meer wildernis as strand. Hy kies ‘n holte tussen twee duine om die ergste wind in die nag af te keer en laat val die rugsak.
Die sterre is helder, maar nog nie winterhelder nie. Boonop sal die maan nou-nou opkom en die sterre nog meer verdof. Daar is geen dorp hiernaby nie en geen lig in enige van die bosse nie, net die donkerblou, verlate strand, die wit van die laagwaterbranders en fosfor in die spoel. Met sy leer stapstewels en dik wolsokkies uit, besluit hy om die res ook te laat vaar om in die see te gaan was voordat die koue nagwind opkom. Die oop wond aan sy regter bo-been moet nou dringend skoongemaak word, die area is seer en hy is versigtig dat dit reeds ontsteek het. Die seewater sal help, sy oupa’s en pa het gesweer daarby.
Natuurlik is die water bliksemskoud, maar hy is dankbaar vir die water; daar was geen teken van ‘n stroompie die vorige twee dae oor die berge nie. Nou kan hy die ergste sweet afkry. Die seewater spoel in die wond en laat hom op sy tande kners. Die pyn en koue vermeng egter gou. In die kniediep water dwaal sy gedagtes na ‘n ge-skinnydippery een warm Desembervakansie. Die gedagte, die tyd, gryp hom aan en hy verloor waar hy is en staar uitdrukkingloos na die donkerwater; die koue, hongerte en seer vergete, die soutwater spoel heen-en-weer oor en in die rou wond, maar hy is nie nou meer daar om dit te voel nie. Haar gesig is voor hom, daar, in die donkerwater. Sy kyk op, sien hom en glimlag. Hy staar na die water, naak en rou, soos die gevoel in hom oor haar glimlaggende gesig. Sy is so pragtig soos altyd. Sy gryp hom aan en trek hom die dieptes van haar see-blou oë in. Daar is geen ander plek waar hy wil wees as in haar oë nie. As sý hom raaksien, maak niks anders in die wêreld ooit weer saak nie.
‘n Klein brander vang hom op die heup en slaan hom amper van balans. Dit bring hom terug en sy meermin met haar wilgerlatlyfie duik weg. Hy was sy hare en baard so met die een hand, hou die koekie seep in die ander. Afgespoel stap hy oor die blou strand terug na die duin.
Dankbaar vir die oorvloed droë dryfhout vir die nag, hou hy die oervlamme dop wat hom droog en ontdooi. Die vorige drie weke deur die Karoo en oor die berge was hard, maar voel nou lank gelede hier langs die kus. Hy is ‘n see-mens en was nog altyd, soos sy. En soos sy pa, wil hy ook sy as op die strand of in die see gestrooi hê. Terwyl die koffie oor die kole prut, krap hy vir sy notaboek en potlood in die rugsak, lig dit saam met die whiskey-flessie uit. Die notaboek is halfpad vol, die flessie is halfpad leeg. Hy skuif nader aan die vuur vir beter lig. ‘n Ou binne-band rek hou die vele los items in die notaboek bymekaar, elke item vertel ‘n storie, ‘n tyd. ‘n Foto gly tussen die blaaie uit. Dis sy.
“Time’s up, Dear,” is die eerste woorde wat deur sy gedagtes speel, asof sy dit hier langs hom sê, asof hy dit gehoor het. “Wat sou jy vir my sê met net drie minute oor waarna jy my nooit weer sal sien nie?” Haar stem is die enigste een wat hy deesdae nog hoor. Hy onthou die vraag, en die somersaand. “Time’s up, Dear,” hoor hy weer. Het hy die drie minute reg gebruik? Hoekom het sy dit gevra, wonder hy weer; wou sy hom dit net één keer hoor sê? Na al die jare, voel hy steeds skuldig oor haar, oor hoe wreed hy met haar was en laat sak sy kop in skaamte asof daar ‘n hemel was wat eens in hom belanggestel het. “I feel sick when I remember how I opened up to you,” het hy onlangs gelees en gedink dat dit haar gevoel opgesom het.
Hy sug en kyk na die vuur. Sedert hy sy rug op die samelewing gedraai het, is alle gesprekke met mense beperk. Die aanskaf van die nodige voorraad vir sy volgende reistog, toerusting, nuwe stewels of so, maar haar stem bly hom egter by: hoe intiem sy gepraat het toe sy nét met hom gepraat het. Hy weet dat ouderdom, siekte, dood of vergeetagtigheid die klank van haar stem eendag gaan kom haal en terugneem; sy bors trek toe as hy net daaraan dink. Daar is sekere herinneringe waarsonder hy nie meer wil bestaan nie, en sy is een. Dat sy nog is, maak dat hy nog wil wees.
As hy haar dan nie kon hê as sy eie nie (en nee, hy het nie 'n oomblik saam met haar verdien nie), as ‘n lewe saam dan nie vir hulle beskore was nie, los hom dan asseblief net alleen met dit wat hy van haar kan onthou. Hulle het by die reëls van die lewe gehou en niemand anders behalwe mekaar seergemaak nie; is ‘n paar memories van mekaar, ‘n paar flitse oor ‘n paar weke dan te veel gevra?
Wanneer hy voetslaan, deur die semi-woestyn van Botswana, deur die groen van die Wildekus, oor die klippe van die Weskus, oor die berge van die Tsitsikamma, deur die geel van die Vrystaat, of deur die verstikkende hitte van die Laeveld, praat hy met haar oor die blomme aan sy voete, oor die soort grasse of weiding, die soorte bome en of hulle goeie hout gee vir meubels of vuurmaak, oor die botteltjies en ander potskerwe wat oorgebly het van die Tweede Vryheidsoorlog, oor uitsigte van die see waar hulle kan stop en saam na ‘n besondere sonsondergang kan kyk, soos by Kranshoek. Hulle praat oor plekke waar hulle as kinders vakansie gehou het, of wynplase in die area, of oor van die min gedeelde ervaringe. Soms dwaal hulle gedagtes na eksotiese plekke waar een van hulle al was en deel dit met die ander een. Of soms praat hulle oor gedeelde denkbeeldige memories, plekke waarheen hulle in gees saam was, die emosie en beelde amper helderder as die ongedeelde werklikheid.
Hy hou die foto tussen sy vingers. Dit is op ‘n strand geneem, een wat hy jare later buite seisoen gaan soek het. Die foto was die gelukkigste wat hy haar nog ooit gesien het, en die gelukkigste wat sy haarself in ‘n lang tyd gesien het. Stralend sit sy op die foto en sy hart raak van voor af sag. Sy kon ‘n model in enige tydskrif wees, maar sy was nie: vir daardie oomblik was sy iets anders, durf hy sê iets net vir hom? Hy wil so dink, maar nee, sy was iets vir haar, nie vir hom nie. Dit was belangrik, onthou hy. "Feels like I'm twenty again!"
Met alles verlore behalwe die een foto, het hy maande later weer alles begin neerskryf wat hy van haar kon onthou. Alles gaan soek om dit te herwin. Elke oomblik het hy oorgespeel en neergeskryf, en méér probeer onthou, totdat sy so naby was dat hy amper aan haar kon raak.
‘n Traan val op die foto en hy vee dit vinnig af. Hy kyk op na die branders en voel die nagwind sny oor sy gebrande gesig. “Belowe my dat jy regtig alles in jou vermoë doen om te probeer,” hoor hy haar weer vra terwyl sy wegstap, nie net fisies nie, maar wegstap in gees ook. Daarna, dag-na-dag, was daar elke dag al minder in haar oor vir hom; hy wat haar lewe amper verwoes het.
En nou is hy hier. En sy is daarbuite, êrens in die wêreld, vir hom verlore. Dele van hom het soos die gekerfde vel geword rondom ‘n snywond. Hy het teruggetrek uit die lewe en hom gekeer tot die wildernis en die woorde wat hy kon skep om haar lewendig te hou, en daar begin leef. Tussen die woorde kon sy met ‘n weergawe van haarself saamleef; dit was wat hy nodig gehad het. Om nie die kwaad, die moeilikheid, die boosheid in haar lewe te wees nie.
Omdat sy haarself nie sommer vergewe nie, het hy gehoop om eendag ‘n weergawe van haar raak te loop, in ‘n gallery, of buite ‘n koffiewinkel, wie haarself aanvaar het vir wie sy is, besluite en al. Vir hom was dit nie foute, of reg en verkeerd nie; sy het gevoel, sy was ‘n vrou van oortuiging én passie, vlees en bloed. Hy het in sy hart bly glo dat sy wel sou opdaag. Sy sou eendag ‘n plantjie op haar knieë plant in haar groen, Kaapse tuin. Sy sou opkyk en die son sien, haar tuinhoed regskuif en die wind oor haar pragtige, fyn gesig voel, en skielik haarself vergewe, alles laat gaan saam met die wind, Gordonsbaai se kant toe. ‘n Gewig sou van haar skouers afrol en ‘n traan van geluk sou in die vrugbare, donker grond val. Miskien sou hy net op daardie oomblik op sy fiets voor haar tuinhekkie stop, sy pet afhaal en in sy hand vou, en sê, “Hey ...”
Hy gooi nog ‘n stomp op die vuur en keer terug na sy notaboek. Op die bladsye het hy ‘n veronderstelde, verbeelde lewe saam geskep, kon hy alles wat in sy hart was, vir haar vertel, kon hy haar stem hoor terugpraat, kon hulle saam ‘n motor laai en die langpad vat, nuwe horisonne saam verken, musiek luister, kon hy haar by konserte op sy nek tel, al sy laaste sonsondergange met haar in sy arms deel, laat smiddae haar op sy skoot neertrek om haar vrese te besweer en homself in haar oë verdrink. Hy wou na die asem onder haar rib luister, sy oor op haar maag lê, haar hand op sy kop voel, oorgee aan haar.
Die bladsye het nie geoordeel nie.
So met sy oë in die vuur, onthou hy dat die Boesmans van die Kalahari glo dat almal aan mekaar verbind is met ‘n onsigbare koord, van naeltjie tot naeltjie. Hy weet nie of dit waar was nie, maar hy het gereeld aan haar gedink en gewonder of sy dit kon voel. Soms besig, moes hy stop; dit het dan gevoel asof sy dalk aan hom dink. Een van sy vriende, het dieselfde ervaring gehad: indien ‘n pasiënt oor hom sou droom, het hy in die nag wakker geword en die pasiënt het dit die volgende dag so beaam.
Elke oggend was sy steeds die eerste gedagte, en ook saans sy laaste.
Vanaand, onwillekeurig begin hy wonder oor waar sy haarself nou mag bevind, in watter deel van watter land, in watter arms of geselskap, hoe oud haar kinders sou wees, of sy werk, en natuurlik die belangrikste, of sy gelukkig is. Hy hoop tog so. Hy het probeer voel soos die Boesmans en hard gekonsentreer.
Die wind het sand oor die duin gegooi en dit het in die vuur gewaai. Die temperatuur het gedaal en hy het besef die wond krap teen sy broek. Hy het sy oë toegemaak en haar voor hom gesien: hy het haar hoor lag. Watter aand van die week was dit? Hy kyk op sy horlosie, dis Saterdag. Miskien kuier sy saam met vriende of familie, dalk ‘n vertoning in ‘n teater, ‘n film? Hy hou aan haar lag waarvoor hy so lief is, vas, maar sy lag nie meer nie. Daar is ‘n warm gevoel, een van huislikheid asof sy binnenshuis is, in ‘n gemaklike plek, dalk veilig in ‘n paar sterk arms. Hy keer die gevoel wat in hom opstoot, weg en fokus weer. “Liewe ouers!” hoor hy duidelik. Sy gesels, hulle gesels, dan raak sy stil. Sy rus haar kop en haar gedagtes raak stil, dwaal af. Plig roep en sy staan skielik op. Sy oë volg haar. Sy is nog steeds so goedversorg, stylvol en skraal. Sy stap deur ‘n huis, die beligting is sag en die huis luuks. Sy dra ‘n pienk trui, sagte serp en ‘n stywe blou jean. Bruin leer skoene vir die herfsweer. Daar is kamers en van die deure van die kamers staan effe oop. Hierdie deel van die huis is stil en die stemme is ver weg.
By die eerste vertrek, ‘n slaapkamer, is daar ‘n jong dame met oorfone by ‘n lessenaar en sy teken, nee, skets. Dit lyk soos ‘n taak, dalk grafiese ontwerp of kuns? Daar is skilderye van skoenlappers teen die mure, ook van lieweheersbesies en van ‘n sonsondergang met ‘n doringboom. Almal is keurig geraam volgens die skakering van die res van die ruim kamer. Sy stap nader, soen haar op die kop en ‘n arm vleg om haar middel. Haar dogter ongetwyfeld.
Terug in die gang, trek sy weer die deur effe toe.
Geluide ontsnap van die volgende vertrek waar die deur toe is. Sy klop en gaan in. Twee jong seuns is vasgenael voor ‘n televisieskerm en jaag teen mekaar resies. Een kyk op en glimlag, haar seun. Sy glimlag meer as wat sy bedoel het en sê, “Nie te hard nie julle” en maak die deur agter haar toe. Sy aarsel ‘n oomblik en dink hoe mooi hy eendag gaan wees. In die laaste slaapkamer, naaste aan haar eie, staan die deur halfpad oop. ‘n Naglig brand sag en ‘n klein dogtertjie lê en slaap, ‘n laatlam, dink hy onwillekeurig, en ook dat dit die enigste kind is wie se naam hy nie ken nie. Sy streel die kind se kop en trek haar toe. Sy staan dan so bietjie, kyk na haar kind en sit ‘n hand op haar eie maag.
Terug in die gang draai sy nie links na die gaste en die stemme toe nie, maar regs.
Die gang loop uit op die balkon. Buite maak sy die dubbel glasdeure agter haar toe en die koue nagwind is skielik koel op haar gesig, maar verfrissend. Sy vou haar arms en loop tot aan die einde van die balkon, staar uit oor die donkerblou see, die wit branders en die verlate strand. Die wind sny en sy lig haar serp oor haar mond en ore, “Nie nou siekword nie,” dink sy.
Sy staan doodstil en voel. Sy luister en hoor die geknetter van ‘n vuur êrens. Iets krap teen haar bo-been en haar oë raak waterig van die wind. Sy ruik whiskey en ‘n aand in Johannesburg, lank gelede, flits deur haar gedagtes. Sy staar uit oor die strand en verbeel haar sy sien die ligblou, naakte figuur van ‘n man kniediep in die branders staan. Hy was sy hare en baard met sy een hand. Dis ‘n ou man, maer, maar nog nie tengerig nie. Die figuur lyk bekend, maar sy kan hom nie plaas nie. Sy hou hom dop as hy effe mank uit die branders terugstap. Sy voel sy ken hom en laat sak die serp toe hy nader aan die duine kom. Haar oë dryf oor sy naakte lyf en haak vas by die wond aan sy regter bo-been, die bloed vloei vrylik daaruit. “Hy moet ophou om daaraan te raak,” dink sy, “anders gaan dit nooit gesond word nie.”
____________________________________________________________
In die foto het hy haar oë gesoek, soos vanaand. Altyd daardie oë, altyd. Hy staar na die foto en wens dat hy meer as net dit van haar oorgehad het. Daar was ander oomblikke van moontlike geluk, soos toe hulle mekaar die eerste keer in ‘n nuwe lig gesien het, of haar lag toe hy sê hy is nie spyt oor die nuwe situasie nie, dat hy net spyt is dat hy nie daarvoor verantwoordelik was nie. Sy het so skaam-lekker gelag, haar kop teruggegooi en geskud, weggetree van hom af oor die ondeunde opmerking, bang dat hy nog iets só stout sou kwytraak, al wou sy dalk hê hy moes. Hy het haar reaksie gekoester. Sy hoef nie só te reageer nie, het hy gedink. Hulle was niks van mekaar nie, tog het sy nie so opgetree nie. Die onmoontlike het altyd oor alles geskryf gestaan, en hy was so dankbaar dat sy hom dié onbehoorlike skerts toegelaat het. Daarna het alles al hoe meer onmoontlik, al hoe ernstiger geword en, uiteindelik, het hy haar verloor.
Aanraking, wens hy, hy wens só hy kon net een keer sy hand in hare lê. Net een keer haar arms voel. Net een keer haar laat verstaan dat sy alles en vir altyd vir hom sou wees, al sou sy dit nooit weer hoor nie. Maar dit sou nooit gebeur nie.
In die werklikheid, het sy haarself gehaat, die vrou wie op hom verlief geraak het. Hy kon wel nie vra dat sy steeds so voel nie, nee, dit sou te veel gevra wees; hy wou net nie hê dat sy haarself so oor hom moet verwyt nie.
Hy het nie nodig dat iemand hom nóg meer oordeel as wat hyself doen nie. Sy straf het hy reeds weg. Sy lot was geseël.
Daar was geen bevestiging hiervoor nie en die enigste manier om te weet of dit so was, sou wees om haar te vra, iets wat onmoontlik was.
Was mense aan mekaar verbind, het hy gewonder.
Dit was ‘n aangenaam om te dink mense is aan mekaar verbind, ten minste, ‘n soort troos dat iets hom aan haar vasmaak en dat iets dalk, net dalk haar aan hom heg. Was dit ‘n voorvereiste dat almal aan mekaar moes dink? Hy weet nie. Maar sy sou baie hard op haarself wees indien enige deel van haar buite die lyne wou inkleur; daarvan was hy seker. Die waarskynlikheid was skraal.
0 notes
rebrandtdebibls · 2 years
Text
Tumblr media
steeds is. Die spiere langs sy bokaak bly beweeg. Daar is 'n indrukking in die eienaardige, veranderlike oë wat haar op hierdie oomblik sterk herinner aan die oë van 'n jagluiperd. Sy weet sonder twyfel dat Braam van Esschenburg nie nou meer 'n enkele ding aan die noodlot gaan oorlaat nie. Sy verstand is besig om teen 'n ongelooflike tempo die onsig bare vyand se motiewe en planne te probeer bepaal - sodat by sy optrede daarby kan aanpas!
Stap julle terug." beveel hy dan. ..Bly bymekaar in die bouval totdat ek daar opdaag. En. Mike..." Hy haal diep en stadig asem voordat hy voortgaan. Jy weet wat ek wil se, nie waar nie? Roux de Waal mág die instrument wees wat gebruik is. Ons weet nie. Maar hou hom dop... Jy ook. Nicola! Maar moenie dat hy agterkom dat ons agterdogtig is nie
Mike staan oomblikke lank na Braam en staar voordat hy fronsend praat...As hy daardie lont gaan aansteek het, my vriend, sal hy mos nie terugkom en by ons aansluit nie? Dan wel, dan het hy koers gekies... terug na sý makkers toe. Waar hulle ook al op hom sit en wag het."
Die twee mans kyk na mekaar. Dan kom Braam se stem lang, sleurend: Jy's reg. Mike. Maar aan die ander kant kan hy 'n koeler komkommer wees as wat mens gedink het by kan wees. Hy't gesê hy gaan water soek. Hy kon net sowel hierheen gekom het, weer koers terug gekry het bouval toe
...Ons weet nie. Daarom stel ek voor dat so min moont lik gesê word voor hom, maar dat hy onder die soeklig bly."
Nicola merk dat hy nou haastig raak. Sy vra vinnig, byna pleitend: Moet jy teruggaan... Alleen, bedoel ek? Sé nou halle...hulle wag daar op jou?"
Die vinnige, aantreklike glimlag verhelder die stroewe ge at Sy tande, merk sy, is effens onreëlmatig maar blinkwit Hy is aantreklik en manlik en dodelik gevaarlik, besef sy met 'n toenemende magteloosheid. Voor die einde van dié same ya hier in die vallei, weet sy sonder die minste twyfel, gaan hart hopeloos in die slag bly. En hy, ellendige mans mes, al sweer sy eie koers inslaan, soos hy nog al die jare maar gaak het. As daar iemand is wat tydelik- of wie wet, dalk permanent-'n houvas op sy hart gaan kry, sal dit
die naamlose, bruinoog-meisietjie wees, Mits Inge aan die reg te kant van die gereg staan; aan die Van Esschenburg-kant en nie aan die kant van hulle wat hom die ewigheid wou in blaas nie.
Braam se glimlag laat 'n stadige verlamming deur haar kruip. Hy praat effens tergend met haar. Ek sou sê dat my geluk van so effe bewys is daarvan dat ek tog wel die spreek woordelike kat met die sewe lewens is! Moenie jou kwel nie." stel hy haar dan vinnig gerus. Ek gaan soek nie na dinge wat kon gebly het nie. Maar die Landrover moet to ruggebring word. Ons kan in elk geval nie nou hier wegkom nie; nie voordat ons die omgewing nie eers gaan fynkam het en 'n ander pas gekry het waardeur die Landrover kan kom nie."
..Kom, Nicola!" Mike raak haastig, sien sy. Daar onder in die skoot van die vallei, wag 'n beeldskone meisie in angs en spanning, onthou sy incens. Mike wil by háár kom, háár ge russtel. Hy wil nie langer hier tyd verkwis nie.
..Ek sien julle dan wanneer ek julle sien." sê Braam skuins oor sy skouer..,En hou julle oë en ore oop, nè?"
Hy begin wegstap en Nicola volg die skraal, atletiese ge stalte van die filmmaker sonder om verder uit to wel oor die skokkende gebeure. Dit voel vir haar asof sy nou eers be gin reageer, asof die verdwasing wat gewoonlik volg op 'n skok soos hierdie een, nou begin intree.
Maar sy weet ook, omdat sy haarself so goed ken, dat die eintlike reaksie haar hart se skuld is. Sy is verlief op Braam van Esschenburg. Sy het verlief geraak op 'n bot vreemde mansmens wat duidelik nie trouplanne koester nie. Hy is 'n ses-en-dertigjarige vrygesel wat nêrens in sy hart 'n oop plekkie gehou het vir 'n vroumens nie!
Hoe gouer sy dus haar emosies onder beheer kry, hoe mak liker gaan die volgende paar dae - of weke, dalk - vir haar wees. Nicola Theron het nie 'n kat se kans teen Marzanne de Meillon of teen die popperige meisietjie met die groot, bruin oë nie!
Sy loop swyend agter Mike aan. Hy praat nie. Sy het niks om te sê nie. Dit voel net vir haar asof sy al baie lank deel
1 note · View note
Text
Weskus Roadtrip - April 2017
Dag 1: Jo’burg na Kuruman
535km
Ek is dikwels oorhaastig met die aanvang van iets soos hierdie, en teen die middag het ek al lankal enige skyn of pretensie dat ek enigiets beteken by die werk laat vaar. Met swak-verbloemde opgewondenheid groet ek dus my kollegas en maak ‘n vinnige draai by die huis om my favourite jean en Kaizer Chiefs trui aan te trek voordat ek in die pad val. Ongelukkig is die groter Johannesburgse metropool nie haastige reisigers se mees goedgunstige bondgenoot op ‘n Vrydagmiddag nie en ek moet myself deurentyd herinner dat hierdie ook deel is van die hele avontuur. Nietemin was ek besonders verlig om uiteindelik op die N14 te klim en die rokerige strate en betontralies van my stad in die truspieëltjie te sien verdwyn.
Met my nuutgevonde vryheid en ‘n relatiewe oop stuk teerpad raak ek toe effens meegesleur en voor ek dit weet spring daar ‘n bose gees agter ‘n bos uit om my in te lig dat ek besig is om die spoedgrens geheel en al te ignoreer en dus ‘n heftige monetêre boete sal moet oorhandig. Ek pleit onmiddelik onbewus, onskuldig en ontoerekeningsvatbaar en my vertoning besorg aan my ‘n degradering van ‘n R1500 se boete na ‘n ligte waarskuwing en streng kyk. Ek dank die akademie.
Met Ventersdop op die horison besef ek dat ek in my haas vergeet het om enigsins iets te kry om te eet, en dat ek absoluut rasend is. Ek is egter skrikkerig om in hierdie spesifieke dorp af te trek vir voedsel aangesien ek steeds met skrikwekkende detail my vorige deurtog kan onthou. Dit was enkele dae na die dood van voormalige AWB-leier en passievolle ruiter, Eugene Terreblanche, en die area was in chaos gedompel. Ek onthou spesifiek die woorde “YOU ARE NOW ENTERING A WAR ZONE” wat op ‘n padpredikant vol koeëlgate geverwe was. Met honger huiwerigheid parkeer ek toe vir Themba (My charcoal Fiesta en reisgenoot vir die trip) voor ‘n take-away kafeetjie genaamd Johnny’s. Die plek kom hoog aangeskrewe deur een van die locals met wie ek gesels het. Die bo-baas kokke van Johnny’s glo klaarblyklik nie in enigiets wat onlangs nog aan ‘n plant verbonde was nie en sien veral neer op die kleur groen. Instede verkies hul om seker te maak geen ongewenste vitamines of minerale word aan hul klaarblyklik gevestigde klientebasis bedien nie deur alles eers deeglik in ongekende hoeveelhede olie te braai. Ek mik vir die ham, kaas en tamatie toebroodjie as veiligste opsie, en kies weer koers na die wilde Weste. Oppad uit die dorp uit vang iet egter my aandag - op die horison staan ‘n massiewe beeld van ‘n man, arms uitgestrek en palms na bo met twee tortelduiwe wat daarin rus. Ek pleeg ‘n U-draai en kom tot stilstand voor ‘n geslote hek. Gelukkig verseker ‘n sekuriteitswag genaamd Matthew my dat indien die regte persoon in die regte posisie van outoriteit iets aangebied word om te drink behoort die hek op ‘n wonderbaarlike manier homself oop te vind. Een standaard Coke later staan ek en Matthew voor die standbeeld en grafsteen van ene John Beaver Marks - op sy dag voorsitter van die SACP, hoof van AMWU, president van die destydese Transvaalse ANC (voordat hy vervang is deur ‘n jong, opkomende vryheidsvegter genaamd Nelson Mandela), en uiteindelik die tesourier van die Nasionale ANC. Uncle JB was die man wat opgestaan het vir die mynwerkers aan die rykste goudrif ter wêreld - die werkers op wie se bloed, sweet en trane baie van on lieflike, geskeurde land se rykdom gebou is. En hier - in Ventersdorp staan ‘n hulde aan hom so lewensgroot en vol hoop soos die mynhope van die Goudstad. Matthew neem ‘n slukkie van sy Coke en en wys vir my waar uncle JB grootgeword het. Born and bred in the West Transvaal, sê hy. Hy beduie waar die Marks familie vandag nog woon. En Msholozi homself het hierdie gedenksteen kom inhuldig. My sekuriteitswag-cum-toergids is nou in volle swang en geniet homself terdeë. “Kyk”, sê hy, “gebore in 1903 - selfs ouer as Mandela!”. Matthew vertel my hy’s einlik ‘n ‘coloured’. Afrikaanse ma en Xhosa pa. Ons gesels al die pad terug na my karretjie - sommer oor wat in die land aangaan en of Chiefs vir Supersport kan wen die naweek. Ek herinner hom dat Wits ook nog in die prentjie is en boonop twee games in die sakkie het. “Just watch” lag Matthew. “Amakhozi for life”. Terwyl ek weer terug op die N14 draai wonder ek vlugtig of Johnny’s vernoem kan wees na John Beaver Marks. Sou cool wees as dit was.
In Vryburg haal die donkerte my in. Daar is niks soos om in ‘n Afrika sonsak in te ry nie, hardkoppig met die son se laaste desperate strale in jou gesig - die donkerte kort op jou hakke maar met goud op die horison. Ek dink Afrika se sonsondergange is waarskynlik meer spesiaal as enigiewers anders ter wêreld... Waar anders kan so ‘n ruwe, harde landskap omskep word in die sagte, vergewende impressionistiese kunswerk as hier?
Uiteindelik ry ek my eindbestemming vir die dag binne in stikdonker. Van die snelweg af is Kuruman se strate maar porieus en geperforeer met slaggate. Ek book vinnig by my gastehuis in en slaan weer die strate in op soek na iets om te eet. Google Maps meen ‘n Pub genaamd Die Boom is die beste opsie en ek is te moeg om te stry. Dit wil voorkom asof Die Boom wel die plek is om te wees in Kuruman op ‘n Vrydagaand. Ek gesels met ‘n man in Vellies, ‘n rugby broekie en ‘n moulose fleece-top by die kroeg terwyl ek wag vir my burger. Hy sê die mense noem hom Dapper omdat hy die skelmste en beste afslaer in die geweste is. Die game werk so, verduidelik Dapper, die mense wat bie op sy skape is almal kop in een mus. Hulle kom vooraf ooreen wie bie op wat sodat hulle die prys kan laag hou. Sy werk as afslaer is om die prys lekker hoog te kry. Hy gaan dan in en stoot die prys op en koop die skape teen ‘n hoër prys, onder hulle neuse uit. Wat hulle nie weet nie, lag hy, is dat hy reeds ‘n koper opgeline het in ‘n ander dorp teen selfs nog ‘n hoër prys. DIt wil voorkom of die skaapmark nie besonders likied is nie, en Dapper het die konsep van arbritrage ontdek. Dapper se vrou sluit by ons aan en dring daarop aan dat ek saam hul ‘n jagermeister drink. Dapper self drink nie shots nie, slegs dubbel brandewyne. By die dosyn. Dapper se 8-jarige dogtertjie is ook daar. Hy noem haar liefderyk sy klein ‘teef-hondjie’ en terwyl ons gesels dans sy saam ‘n man genaam ‘Goeks’. Goeks lyk soos ‘n oorgewig Groet-Die-Grotman akteur wat op die myn werk en sy gunsteling dinge in die wêreld is om vir Dapper te terg en verskriklik te vloek. Dapper se teefhondjie gee klaarblyklik nie om nie. Haar gunsteling ding in die wêreld is om Goeks se beursie te steel en vir random mense dop te bestel. Ek sit en hou die res van die kroeg dop terwyl Goeks en Dapper mekaar bietjie karnuffel. Die klante blyk almal regulars te wees en geniet dit om Lucky Strike te rook en hul gunsteling Afrikaanse treffers te versoek. Die kunstenaars wat die meeste aftrek kry is by verre Snotkop en Liani May. Na Goeks se aanslagte suksesvol afgeweer is deur Dapper beweeg hy aan van sy afslaan stories na sy volle lewensverhaal. Sy lewenspad is een wat gekronkel het en hom geneem het van landloopkampioen na kranige skrywer na die weermag. Dapper sê sy pa wou altyd gehad het hy moet gaan regte swot, maar hy het dit absoluut verpes. Ongelukkig het hy die weermag ook verpes so toe drop hy uit en gaan swot regte. Eventually het die lewe hom al die pad terug gebring na Kuruman om ‘n afslaner te word - nes sy pa. Net ‘n dapperder een. En hy is happy, verseker hy my. Hy het sy vrou wat hou van shooters drink en sy teefhondjie en vir Goeks. Dis amper soos iets uit ‘n Snotkop song.
Na Dapper se lewensverhaal beweeg hy gulsig aan na politiek. Die skrif is aan die muur en ek het al hierdie movie gesien, so ek betaal sy laaste dop en verskoon myself. Ek wil nie moeilikheid optel op my eerste aand van die roadtrip nie. Ongelukkig tel ek toe onmiddelik moeilikheid op op my eerste aand van my roadtrip. Ek trek in by ‘n vulstasie om Themba se dors te les en gesels ‘n ruk met die petroljoggie oor die lewe in Kuruman. Ek draai om en haal my selfoon uit my sak om een of twee boodskappe af te vuur. Eweskielik gryp iemand my foon uit my hand uit en laat spaander om die draai terwyl ek hulpeloos vloek soos ‘n matroos. My selfoon. My GPS. My enigste kommunikasie met almal wat by die huis is... Dis so ‘n simpel ding, 20 jaar gelede het niemand eers selfone gehad nie, maar dit voel asof my veiligheidsnet onder my uitgeruk is. As ek, pagel-sirkus akkrobaat nou moet val is dit tickets vir my. Ek het nog 4000km om te doen, en ten miste 3000 daarvan gaan ek stok-siel-alleen wees... Maar ek is self ongeskaad. Ek het nog my beursie en vir Themba en mettertyd maak ek vrede met die feit. Dit help nie nou om die gebeurtenis oor en oor in my kop te herspeel nie, dit help nie om te dink wat ek moes of kon doen nie. Nou moet ek prakties dink om ‘n oplossing te vind, op my tande byt en voortgaan. Een dronk rassis in ‘n kroeg, en een boef by ‘n petrolstasie kan nie my pelgrimstog stuit nie. En hul kan nog minder my vertroue in die mensdom skud. Twee poepolle maak nie ‘n somer nie. The show must go on.
Dag 2: Kuruman na Kakamas
350km
Afgesien van my onwankelbare vertroue in die deursnit Suid-Afrikaner was ek bitter haastig om Kuruman agter my te laat. Die plek het vir my skade gemaak en die admin agter actually jou selfoon as gesteel aan te gee het my ‘n moerse hoofpyn besorg. So met die eerste sonstrale in die Ooste val ek in die pad vanaf die slapende en oneffektiewe Kuruman polisiestasie. Na ek vinnig ‘n cheap selfoontjie in Upington aangeskaf het vir noodoproepe trek ek in by ‘n Brandewyn plaas genaamd Bezalel om my gemoed te kalmeer. My gasheer vir die dag is ‘n jong lat genaamd Matthew. Ek glimlag toe ek sy naam hoor en dink by myself dit voorspel net goeie dinge. Matthew sou homself bewys as een van die hoogtepunte van my trip. Oorpspronklik van Upington en tans in beheer van bemarking by die plaas, is Matthew se groot liefde gevind in die stook van Brandewyn. Hy het geduldig eers my deur hul wyne geneem, maar toe ons by sy gunsteling onderwerp kom het die man behoorlik geblom. Passie is aansteeklik, en Matthew sien brandewyn maak as meer van ‘n kuns as ‘n wetenskap, alhoewel hy al die teorie ken en briljant kan verduidelik.
Tumblr media
In ‘n opmerklike beter bui ry ek toe Kakamas binne. Die progressie van die landskap is ongelooflik om te sien - waar Gauteng se grasland en koppies moes plek maak vir die Noordwes se heuwels en landerye bevind ek myself nou in ‘n halfwoestyn waar sonneblom en mielies onderbreek word deur klippe en bossies. Maar niks het my voorberei vir die ongelooflik prentjie van grasgroen welerige wingerde in die middel van ‘n dorre woestyn nie. Ek koop vinnig vir my ‘n vleisie en suurdeeg om die aand te kan braai en kies koers na die Augrabies valle. By die hek ontmoet ek twee ouer paartjies vanaf Johannesburg. Hulle is omtrent ingerig met tente op die dak van hul lorries en elke weelde wat jy kan hoop om saam te ry op ‘n safari. Hulle het vinnig kom loer hoe lyk die valle, maar hulle is eintlik oppad na AfrikaBurn in Tankwa. Ek beloer die kwartet met skeptiese wenkbroue.
AfrikaBurn se webtuiste beskryf hulsef as volg:
“AfrikaBurn’s aim is to be radically inclusive and accessible to anyone. The touchstone of value in our culture will always be immediacy: experience before theory, moral relationships before politics, survival before services, roles before jobs, ritual before symbolism, work before vested interest, participant support before sponsorship.
Nothing is for sale but ice at the event. Nothing. There are no vendors, no advertising or branding. It just doesn’t fit in. It’s not even a barter economy – it’s a decommodified zone with a gift economy that’s about giving without expecting anything in return.”
Experience before theory? Decommodified zone? Hierdie mense lyk of hul sopas uit Bryanston gery het na hul die out of office boodskap gestel het uit hul corner-offices uit. Maar die klaskaptein van die groep praat met soveel ondervinding en passie oor wat vir hul voorlê in die Karoo dat dit seker waar moet wees. Hul nooi my selfs om saam hul tot daar te ry, hulle het ekstra kampplek en als... Ek sê dankie, miskien volgende keer. Dit voel vir my soos mors as jy soveel hout brand en niks braai nie.
Tumblr media
‘Augrabies’ beteken letterlik ‘Place of Big Noise’, en die plek is pretty aptly named. Mens kan die valle van ‘n myl af hoor, en die uitsig is net so aangrypend as die oorverdowende gedreun. By die uitsigpunt gesels ek met ‘n paar trokdrywers wat elektriese pale vervoer tussen Suid-Afrika en Namibia. Hulle het ‘n paar dae af om te sight-see en ‘n doppie of twee te neem en dit lyk of hul hulself bitter baie geniet.
Tumblr media
Na ‘n lang, warm dag vol great ervarings is ek meer as gereed om my skoene uit te skop en die braaivleisvuur aan die gang te kry. My blyplek vir die aand is ‘n klein huisie tussen die wingerde op die oewer van die Oranje rivier. Met my steak en ‘n paar roosterkoeke op die vuur ontspan ek met ‘n glas vonkelwyn in die hand en haal my pen en papier uit om ‘n paar gedagtes neer te skryf. Ek is maar twee dae weg vanf die huis maar ek voel reeds of ek op ‘n ander planeet is. In die stikdonker Noord-Kaapse nag besluit ek dit is absoluut noodsaaklik om die sterre te kyk terwyl ek plat om my rug in die wingerd lê. Die rustigheid in die yskoue na-nag reg langs die prieël met die rivier wat in die agtergrond kabbel is iets wat ek nie vinnig sal vergeet nie.
Dag 3: Kakamas na Hondeklipbaai
450 km
Half-vyf is ek reeds wakker en ek besef dat as ek nou moet uit hierdie huis gaan (die badkamer is buite die huis) dan is daar geen kans dat ek weer aan die slaap gaan raak nie. Die oggend is vriesend koud langs die rivier. Ek besluit om maar reg te maak, te stort, en in die pad te val. Ek vertrek toe onder die skuiling van duisternis uit Kakamas, eet ‘n paar roosterkoeke met biltong vir ontbyt en luister Cat Stevens treffers - nes die Voortrekkers gedoen het.
Die gevolg van my vroeg-oggend eskapades is dat ek reeds amper in Springbok is toe die son oor die klipperige rande van die woestyn loer. Ek trek af by ‘n verlate piekniek tafel in die middel van nêrens en asem die vars oggendlug diep in my longe in. Ek is absoluut meegevoer met die omgewing. Daar lê klipstapels orals rondom my en dit voel soos absolute waansin om te dink dat hierdie hopies natuurlik hier kon vorm. Dit lyk meer asof een of ander reusagtige kleuter vir hom ‘n speel-speel dorpie gebou het met klipstapels wat dien as torings. Die plan was om so te ry dat ek ongeveer 9h in Springbok is sodat ek daar hul kerkdiens kan bywoon. Ek kyk na my horlosie - dis nou eers 7h en ek is 10km weg. Met niks anders om te doen nie besluit ek om die Dorpie te verken. Sodra dit lig is begin die fietsryers en drawwers uit Springbok uit stroom in hul massas. Die plek voel amper soos ‘n vakansiedorpie met olyfbome geplant op die middelmanne en gastehuise om elke hoek en draai. Maar dit bly ‘n klein dorpie, en die hoeke en draaie is nie genoegsaam om my besig te hou vir 2 ure nie so toe klop ek maar by Wimpy aan vir ‘n vinnige vrugteslaaitjie en koffie voor kerk.
Dominie Tallie van die Boesmanland se Nederduits-Gereformeerde kerk is nie ‘n man wat met woorde mors nie. ‘n Mens kan aflei uit die gemete en wel-deurdagte gebruik van sy woordeskat en die presiese intonasie waarmee hy preek dat hy nie hou van oorbodigheid nie. Hy preek vir ons uit Johannes 20, doop vir klein Josias (vernoem na sy Vader se Vader) en wens ons ‘n voorspoedige Sabbat toe. Na kerk wens ek die doopouers hartlik geluk met die hoop dat hul my kan uithelp met aanwysings na Hondeklipbaai. Vir die eerste keer in hierdie roadtrip gaan ek die veiligheid en gemak van die N14 verlaat - die snelweg wat my ‘n volle 1135km gebring het. Ek word verwys na die Springbok-kafee aangesien die man daar kaarte versamel, bestudeer, ken en verkoop. Die man daar raai my aan om die R355 uit die dorp te vat en deur Komaggas te ry na die Kleinzee pad wat my sal bring na Koiingnaas en uiteindelik Hondeklipbaai. Hy verskaf my met drie ekstra kaarte met notas op, saam met die kaart wat ek uit dankbaarheid by hom koop.
Tumblr media
Op die topografiese kaarte wat ek bestudeer het kan mens duidelik die rif van berge sien wat Springbok skei vanaf die kus, en die Spektakel pas sou my reg daardeur lei. Die mees ongelooflike uitsigte oor droë, woestynagtige valleie groet my. Ek volg die man se raad heel gemaklik tot in Komaggas, en toe raak dinge moeilik. Op die punt waar selfoonsien, teerpaaie en brandstof ophou blyk dit dat die menslike vermoë om aanwysings te gee ook daarmee heen is. Daar is presies twee paaie uit Komaggas uit, en hulle vurk beide uit die hoofstraat. Ek stop en vra ‘n man, moet ek links of regs gaan by die vurk? Hy sê reguit. Ek vra hom weer, in ander woorde. Hy sê reguit. Ek gee op en vra ‘n ander man. Hy sê jy gaan reguit. So hou dit aan tot die sesde mens wat ongewillig of onkapabel is om vir my te sê links of regs. Toe hou ek links, want dis maar hoe ek is.
Om wat ek daar gery het ‘n ‘pad’ te noem is ‘n moerse overstatement. Vir alle praktiese doeleindes het ek en Themba offroad gery. En die ‘een’ pad waarvan almal gepraat het is ook nie so alleen en eensaam soos mens sou dink nie. Kleiner ‘paadjies’ kruis, vurk, sluit aan by, tak af en omarm my gekose roete soos iets uit ‘n post-modernistiese kunswerk. Ek en Themba ploeg voort. Hierdie is nie jokes nie, hierdie is woestyn. Ek mik maar so Wes as wat ek kan want daar is die beloofde teerpad tussen Kleinzee en Hondeklip. Op ‘n stadium besef ek dat indien Themba nou iets moet oorkom het ek geen selfoonsein nie, en ek is ten minste 40km weg van die naaste lewende asem. Ek hou ‘n vinnige voorraadtelling: ‘n halwe pak neute, ‘n halwe pak biltong, vier roosterkoeke, 10 liter water en vyf bottels wyn. Dis genoeg vir omtrent ‘n week en ‘n half as ek mooi werk. Of een besonderse lekker dag as ek nie. Dis goed om te weet mens het altyd keuses.
Eweskielik in die verte gewaar ek ‘n wonderwerk. Die langste, breedste, platste, reguitste stuk grondpad in die bekende heelal! ‘n Woestynagtige, grondgebasseerde Super-Snelweg! Ons is gered! Soos ‘n wafferse rally-bestuurder snel ek deur die droogste deel van die land teen ‘n rekord landspoed en voor ek dit weet is ek in diamant area. Orals waarsku borde my dat ek myself moet gedra en nie skitterende voorwerpe steel nie. Ek dink by myself dis oraait, ek is opsoek na slegs een skitterende voorwerp, en dit is die Atlantiese oseaan. Ek dink aan die woorde van Morgan Freeman in Shawshank “I hope the Pacific is as blue as it has been in my dreams. I hope.”. Ek kan nie meer wag nie, ek droom al vir jare hieroor. Ek ry stadig deur Hondeklipbaai se strate en drink elke oomblik in. Die plek is presies soos ek myself verbeel het - ‘n klein, slaperige Weskusdorpie met visserskepe in die hawe en kinders wat al giggelend agter honde aanhardloop in die strate. Daar sit ‘n paar motorfietsryers in ‘n kroeg genaamd Dop en Kreef en drink ‘n dop terwyl die son op die water glinster. Hierdie is perfek. Hierdie is waarvoor ek gekom het.
Na ek ingecheck het by my blyplek kies ek koers om te gaan sight-see en val onmiddelik vas in die sand. Themba het die woestyn getem, maar ons het sy swakpunt gevind. Hy is nie great in sand nie... Die tannie in die dorp stuur haar swaer om my te kom uitsleep en die man verduidelik vir my hoe ek kan ry om op die harde paaie te bly. Ek gesels ‘n ruk met hom en toe ek hoor hy is ook ‘n wynliefhebber dring ek daarop aan dat ek hom vergoed met ‘n bottel Chardonnay. Die Weskus is presies soos ek gehoop het dit sou wees, en die mense is selfs vriendeliker.
Tumblr media
Na ‘n besoek aan die ligtoring, die Hondeklip (waarna die dorp vernoem is) en die Aristea skeepswrak (aan wal gegaan weens ‘n Kaptein wat bietjie diep in die bottel gekyk het, glo) ry ek Suid al langs die kus af en kom af op die ongelooflikste verlate strand. Spierwit en onaangeraak in die middagson. En ek het die plek vir myself! Ek kom tot die insig dat ek oor die hele land gery het om hier te wees, en dat ek nie kan weggaan sonder om te swem nie. Ek is dit verskuldig aan elke reisiger wat al ooit die see gesoek het. Binne ‘n sekonde verloor ek alle gevoel in my bene. Ek knyp my oë toe, duik kop onder die water en maak dat ek uitkom want hier gaan ek doodvries. Gelukkig was daar niemand om my gespartel te aanskou nie en ek kon rustig die res van die sonskyn indrink op die strand in rustigheid. Toe die son begin ondergaan vind ek vir myself ‘n kliptroon wat Weswaarts kyk en skink vir myself ‘n wyntjie. In die donkerwordende skemerlig sit ek en dink aan my helde, my mentors, my vriende en my God. As ek die hele trip net hierdie sonsondergang kon sien was dit reeds die moeite werd. Maar gelukkig is daar nog baie wat voorlê.
Tumblr media
Na ‘n ongelooflike seekos ete kruip ek in. My akkomodasie bestaan uit ‘n tent met twee beddens wat op ‘n stelasie op die seesand opgeslaan is.
Dag 4: Hondeklipbaai na Lambertsbaai
330 km
Ongelukkig besef ek die volgende oggend dat my tent ook die tuiste is van ‘n hele kolonie muskiete wat gulsig hulsef dik gedrink het aan my niksvermoedende Hoëveld bloed. Gespikkeld soos ‘n melaatse pak ek op en verlaat die stadspoorte voordat ek uitgegooi word. Hierdie keer het ek seker gemaak ek kry samehangende en baie spesifieke aanwysings uit die dorp uit, en toe die son se eerste strale op die stowwerige grondpad val trek ek af en staan net daar en borsel tande in die middel van niks. ‘n Paar kilo’s verder laat ek en Themba die grondpaaie met ‘n massiewe glimlag agter en klim op die N7.
Daar is ‘n stuk land tussen Springbok en Clan-William waar wieookal eerste daardeur gereis het klaarblyklik heeltemal depressief geraak het. Gegewe - dit blyk nie die mees vrugbare, mooiste of mees vergewingsgesinde landskap te wees nie, maar die plekname is genoeg om jou te laat omdraai en te vlug. Soebatsfontein, Bitterpan, Moed-opgee, Donker-dae, Ek-wil-nie-meer-nie, Hier-is-niks-nie, Hoekom-het-ons-gedink-hierdie-is-’n-goeie-idee en Ek-wil-huis-toe-gaan. Ek begin verstaan hoe die destydse ontdekker gevoel het soos die droë myle verbyvlieg, maar anderkant Vanrhynsdorp verander die wêreld eweskielik in ‘n paradys. Daar is wingerde en vrugteboorde net waar jy kyk en ‘n rivier wat watervore deur al die plantasies voer.
Clan-William is net so mooi met die dam wat die dorp omarm uit die Suide, en ek trek in om die Rooibos-teehuis te besoek. Rooibos word blykbaar slegs in hierdie geweste gekweek, en die teehuis het 600 verskillende geure van die magiese plant. Soos hul brosjure trots aankondig: “The Cederberg is the only region in the world” (??). Ek is nog besig om te lees oor Rooibos se oorspong toe ek opkyk en spontaan my hart verloor op die meisie wat voor my staan. Met oë so groot soos die hele Atlantiese oseaan verduidelik sy vir my iets wat ek glad nie hoor nie in ‘n stem wat klink soos die van ‘n engel. Ek mompel dat ek graag bietjie tee sal wil proe. Sy lag en stel voor ek probeer die blackcurrent aangesien dit ongelooflik lekker is. As sy sê blackcurrent dan sê ek hoe hoog.
“A pain stabbed my heart, as it did every time I saw a girl I loved who was going the opposite direction in this too-big world.”
Verlief en verlore en met meer rooibos as wat ek kan drink in ‘n jaar in my kattebak skiet ek deur tot in Lambertsbaai waar ek ‘n ‘Info’ kiosk gewaar en op ‘n impuls aftrek om te hoor wat die dorp my kan bied. Dit sou een van die beste besluite wees wat ek die hele trip gemaak het. Die vrou agter die lessenaar luister vlugtig wat ek te sê het en beplan sommer my hele dag vir my. “Jy kan eers 2h by jou gastehuis incheck, so jy kan sommer hier gaan sit en ‘n bier drink tot dan - daar is ‘n lekker seeuitsig. 2h kan jy gaan inboek en lekker swem - hulle het ‘n fantastiese swembad. Dan, 3h moet jy hier wees, by Kookfontein vir ‘n wynproe. Hulle gaan een aanbied vir ‘n Nederlandse joernalis so jy kan sommer daar inval, maar maak seker jy waai betyds want jy moet kwart voor ses by Muisbosskerm wees om die sonsondergang te sien. Hulle bedien sewe-uur ‘n ongelooflike seekos buffet.” So gesê, so gedaan. Ek drink my bier, ek check in en swem. Die man wat in die kamer langs my bly kom sit langs die swembad en ons begin bietjie gesels. Hy sê sy naam is Tyrone en hy is ‘n toergids. Hy neem nou ‘n Nederlandse paartjie na ‘n wynplaas. Ek lag en sê ek kry julle daar. Ek spandeer toe die res van die dag saam met Tyrone, Gijs, Rian en hul twee seuntjies Raf en Finne. Gijs skryf travel blogs vir ‘n webtuiste genaamd nextdestination.nl en sy vrou, Rian skryf oor die uitdagings van reis met kinders, vir 4flipflops.com. Die twee is ongelooflik nuuskierig oor alles en besonders ingeligte geselskap. Hulle is besig met ‘n 3-maande reis deur Afrika saam met hul kinders, onderskeidelik 4 en 1 jaar oud... Dis braaf. Maar hulle is al goed geolie. Hulle weet ook wat hul doen. By Muisbosskerm sit ek en Tyrone en gesels die wêreld plat oor alles van sport, politiek tot die verskil tussen Kaapstad en Johannesburg. Die ete is ongelooflik... Ons word bederf met waterblommetjie bredie, seekos-kerrie, geelstert, engelvis, snoek, stokvis, potbrood, soetpatats en koeksisters. En dit alles sluk ons af met Kookfontein se Sauvignon-blanc terwyl die son oor die see ondergaan. ‘n Wonderlike ervaring wat soveel beter gemaak is deur hierdie drie mede-avontuur-jagters.
Tumblr media
Dag 5: Lambertsbaai na Saldanha Baai
400 km
Dis moeilik om voor die son op te wees as jy toegevou is in ‘n vere-duvet op ‘n queen-size bed na vier dae se emosionele, fisiese en sensoriese uitpuitting wat afgesluit is met ‘n besonderse en massiewe seekos ete. Gelukkig kom die son in hierdie geweste eers 07:00 op en my eerste bestemming sou eers na 09:00 oop wees vir besigheid. Na ‘n vinnige stort laat ek dus my kamersleutel op die lessenaar in die voorportaal, sluit die voordeur en sluip vir die hoeveelste keer uit iemand anders se huis soos die spook van ‘n vreemdeling. Altyd gemaklik, maar nooit werklik tuis nie. Themba begin ook al die gevolge van amper 2000km op die pad voel en ons rol dus stadig uit die slapende vissersdorpie (om nie die burgers se slaap te steur nie, stel ons onsself gerus). 
Tumblr media
In Clan-William begin die son se strale ook hulself uitstrek en wakker gaap en vir die eerste keer kruip daar bietjie warmte en lig in die dag in. Ek kies koers al langs die N7 af met die indrukwekkende Clan-William dam aan my linkerkant. Kort voor lank vind ek die afdraai na Algerië en verlaat die relatiewe veiligheid van die snelweg om die mistieke Cederberge te verken. Onmiddelik verdwyn die son weer agter die kranse wat my omring, en ‘n bord langs die pad beweer ek bevind myself nou in ‘Luiper gebied’. Met volle bewustheid van die nuutgevonde koue wat die verlies aan sonstrale bring en die bykomende gevaar van (nagtelike) roofdiere, trek ek toe af op die kruin van die Nieuwoudtspas en staar uit oor die ongelooflikste pokdalige vallei van immergroen fynbos en die ruwe rante van die Cederberge, bestrooi met marmer en kalk. Vir ligwordende en stowwerige kilometer op kilometer duur hierdie kransagtige omhelsing van my sintuie voort en ek word meegesleur in hierdie toweragtige landskap. Die rante van die krans lyk soos ‘n stalagmitiese katedraal waar verlore geeste nog swerf. Uiteindelik skeur die kranse oop en openbaar ‘n grasgroen, moerasagtige vleiland, deurdrink met sonskyn. Vleiland verander in grasland, en grasland transformeer uiteindelik in die wingerde van Cederberg Wines. Aubrey wag my in om my deur die volle arsenaal van hul kunswerke te neem in ‘n moderne en klinies-minimalistiese proe-kamer. Ons skop af met vier verskillende Sauvignon-Blancs, elk met sy eie ingewikkelde geskiedenis en oorspong, en elk so anders as die vorige as wat jy jouself kan verbeel. Die plaas koop byvoorbeeld druiwe oor van hul Sustersplaas in Elim genaamd Ghost Corner, en vervaardig ‘n barrel-fermented Sauvignon daar in die Cederberge - ‘n komplekse en amper hypnotiserende wyn wat definitief tans een van my gunstelinge is. Na die Sauvignins beweeg ons aan na hul Chardonay, Pinot Noir, Cabernet Sauvignon en uiteindelik na die kenmerkende kultivar van die omgewing - hul Bukketraube. ‘n Germaanse druif wat nêrens anders in Suid-Afrika gegroei word nie vir die eenvoudige rede dat die druif so kleinserig en broos is dat dit nie ander wingerde om hom kan verdra nie. Cederberg wines is natuurlik die enigste verbouer in die hele vallei en myle vanaf die volgende plaas. Hierdie natuurlike soetwyn is waarskynlik nie almal se smaak nie maar dit is so eie aan die gebied soos wat Bunnies aan Durban is. En reëls is reëls.
Tumblr media
Na my besonderse vloeibare en druifgebaseerde ontbyt (ek het in my bewondering van die berge vergeet om enigsins te eet) vind ek my weg terug na die hoofpad en draai af by die eerste padstal wat ek kry, net duskant Piketberg, om ‘n wildspastei en varsgebakte brood te koop. By die hoeveelste Stop-and-go waar ek voorgekeer word sit ek en kou heel tevrede aan my pie. My volgende stop sal St. Helena Baai wees. Ek wou nou al vir ‘n geruime tyd kom kyk hoe lyk die plek - vandat ek op een van my lukrake soektogte deur die internet afgekom het op oop erwe in hierdie kusdorpie wat verkoop word teen ‘n fraksie van die prys van enige tipe eiendom in Gauteng. Ek onthou hoe ek nog een dag agter my lessenaar gesit het met ‘n das om my keel en by myself gedink het ‘ek kon nou rustig in St Helena gesit het op my lappie grond en uitgetuur het oor die see’. Ongelukkig het die huismark dikwels ‘n manier om te weet wat iets werklik werd is. Terwyl ek met my oop venster die dorp binnery word ek onsalig bewus van ‘n aggresiewe onwelriekendheid wat my neusgate aanrand. Die skuldige blyk toe die vispakkery te wees - die grootste indiensnemer in die dorp en waarskynlik die ding wat die dorp se ekonomie aan die gang hou. Ironies is dit ook die ding wat die dorp helemal onbewoonbaar maak vir enigiemand wat nie in die fabriek of op die see werk nie. Miskien is my Hoëveldse reuksintuig net te sensitief vir hierdie tipe visserigheid, maar nietemin was ek teleurgesteld dat my lae-koste  uittreeplan in so ‘n klam industriële walm opgegaan het. 
Tumblr media
Nadat ek Shelly Point (die upper-class woongebied van St Helena - baie weelderyk dog steeds stinkerig) verken het ry ek na die oulike klein dorpie van Paternoster. Met klein witgekalkte huisies en allerlei knus en kunstige koffiewinkeltjies is hierdie meer in lyn met my verwagtinge oor wat ‘n Weskusdorpie moet wees. Ek en Happy het vooraf ooreengekom om by die Paternoster Hotel se kroeg byeen te kom vir ‘n vinnige bier en om stories van ons onderskeie reistogte uit te ruil. Die kroeg staan alom bekend as die ‘Panty bar’, en die rede daarvoor is nie moeilik om te raai nie. Teen die kroeg se dak hang daar honderde, indien nie duisende, van die klante se meer delikate kledingstukke. Meeste van hulle het name en datums op om die dag te vier toe vryheid en berugtheid verwerf is. Die mure is ook ‘n huldeblyk aan die wat voor ons daar was. Een inskrywing naby die badkamer lui in ongedistelleerde eerlikheid “James and Elize came here to get smashed - 12 January 2005″. 
Tumblr media
Na ‘n vinnige lafenis ry ek en Haps (steeds ten volle geklee) al langs die kus af om te gaan loer wat in Tietiesbaai aangaan. Nadat ek ‘n klip gesien het wat soos ‘n hond lyk in Hondeklipbaai, en beide sederbome en berge in die Cederberge was Tietiesbaai in hierdie opsig ietwat van ‘n teleurstelling. Die natuurskoon is egter ongelookflik en ek sal graag wil terugkeer om in ‘n tent op die hoogwaterlyn te kamp en rustig in die aand ‘n vissie te braai op die strand. Ek en Haps kon die dag se ry al aan ons lywe voel en trek toe in by die Seekombuis vir ‘n welverdiende middagete, voordat ons groet en elkeen weer op sy eie weg gaan. Ek ry Saldanha binne met sonsondergang en vind my blyplek vir die aand - ‘n gastehuisie op die Kaai waar die locals verbydraf in die skemerlig en die skepe dobber op die water van kanna en toermalyn. Ek sit alleen in die voorerf en steek vir my ‘n vuurtjie aan vir geselskap, skink ‘n glasie wyn en drink die aand in. 
Dag 6: Saldanha Baai na Bloubergstrand
135 km
Die aand word ek wakker weens die bekende gedreun van ‘n tipiese Hoëveldse donderstorm. Met die reën wat meedoënloos neerstort op die dak en die donder wat dreun in die verte, draai ek om en raak met ‘n glimlag op my gesig aan die slaap. Gert Vlok Nel het gesing ��slegs as ek slaap in reën is ek waarlik moeg, gelukkig en alleen”, en ek voel presies dieselfde. Ek slaap die slaap van die dooies met ‘n goeie donderstorm om my heen. Eers toe ek wakker word die oggend besef ek dat ek nie iewers op die Hoëveld is nie en dat donderstorms nie tipies op die Weskus gesien word nie. Ek pak my karige besittings op in die gryserige oggend, maak seker die gastehuis is min of meer in dieselfde toestand as waarin ek dit gevind het en kies koers. Onmiddelik buite Saldanha begin die verkeer optel. So vinnig is ek gekondisioneer deur my paar daggies in die wildernis dat ek onmiddelik geirriteerd raak met die magdom karre en mense om my. Ek kryt Kapenaars uit as die swakste bestuurders in die land, en draai so gou as moontlik van die hoofpad af om deur Langebaan te ry - ‘n pragtige (indien effe kommersieël na my nuutgevonde smaak) Weskus dorpie met gemaklike vakansiewonings en elke stadsweelde wat ‘n vakansieganger voor kan hoop. Uiteindelik dun die dubbelverdiepinghuise uit en word vervang met fynbos en ‘n uitsig oor een van die grootste lagoons wat ek al gesien het. Ek stop by ‘n hek en gesels met die wag daar wat my R40 vra om deur te gaan, en so bevind ek myself in die Weskus Nasionale Park. Al om my is lappe fynbos met Elande, Volstruise en selfs ‘n skilpad of twee. In die triestige grysheid ry ek doodgelukkig deur hierdie paradys van fauna en flora en neem elke kronkelende afdraaipaadjie om my R40 die moeite werd te maak. Uiteindelik trek ek af by die Geelbek Restaurant - ‘n eetplek wat spesialiseer in tradisionele Nederlandse en Kaap-Maleise voedsel. Ongelukkig wil dit voorkom asof die vroeëre inwoners van die Kaap van Storms slegs resepte gehad het vir middag- en aandete, en ek moet maar settle vir ‘n gewone Engelse ontbyt in die winderige binnehof. 
Tumblr media
Buite die park breek daar weer ‘n hewige storm los en Themba skud die stof van die Noordkaap finaal af voordat ons afdraai na ‘n klein dorpie genaamd Darling. Hier moet ek eers verduidelik wat die katalisator vir hierdie reistog was. Soos ek reeds geinsinueer het, het die idee om alleen langs die Weskus af te ry lank reeds posgevat in my onderbewussyn. Dit is iets wat ek al oor droom en beplan sedert jare gelede om die spoke en spore van my helde te jaag. Die bestandele was dus lank reeds in die maatbeker, maar die gebeurtenis wat my in staat sou stel om die droom ‘n realiteit te maak was die bruilof van twee van my immergunsteling mense op hierdie aardbol - my twee vriende Jannes en Clarissa. Jannes en Clarissa is woonagtig te Darling, en sou die Saterdag na my vertrek op my avontuur die knoop deurhaak in Swellendam. En daar is my opening toe. ‘n Troue in die Kaap, knus tussen twee publieke vakansiedae in die mooie maand van April. Ter voorbereiding, dus, vir die huweliksbevestiging, voel ek myself genoop om die tuisdorp van hierdie twee pragmense te gaan verken. En die beste manier om ‘n plek te leer ken is volgens my om hul bier te gaan drink. Daarom besoek ek Darling Breweries - ‘n brouery met ‘n gewete. Vir elke vat bier wat hul produseer plant hul ‘n boom, en elke bier wat hul maak word vernoem na ‘n bedreigde dierspesie waarvoor hul dan groot bedrae geld skenk ten einde die wêreld te red. Dit is die tipe besigheid wat ek met blymoedigheid ondersteun, en dit help natuurlik dat hul produk bitter lekker is ook. Na ek my deel gedoen het vir moeder aarde besoek ek Evita se Perron om te wandel deur die verlede. Tannie Evita het korrespondensie ontvang van staatshoofde en allerlei autoriteitsfigure sedert die vroeë 70′s (aanvanklik hoofssaklik om haar in kennis te stel dat haar nuutste skryfstuk onaanvaarbaar is weens ‘n legioen redes) en elke brief word met trots uitgestal in die klein museumpie/winkeltjie. Dit is werklik iets om te sien, en mens kry die idee dat Pieter-Dirk Uys dalk ‘n dieper begrip het van ons land as wat baie mense hom voor krediet gee. 
Tumblr media
In die (steeds) nimmereindende reën sluit ek aan by die string ligte oppad na die Moederstad, deur Melkbosstrand na Blouberg. By Happy-hulle se flat neem ek ‘n vinnige middagslapie en reël met my ou vriend, Rudo, om hom te ontmoet vir ‘n burger by Jerry’s voordat ek doodmoeg in die bed val en wegsink in ‘n droomlose slaap. Klaarblyklik is avontuurlustigheid bitter uitputtend. 
Dag 7: Die Boewe neem Blouberg oor
Martin “Martini” Park. Wouter “Johnson” Botha. Tiaan “Physical Threat” Visagie. Alombekend as die Boewe. Die drie, tesame met PC “Oven Glove” Engelbrecht land vroeg al op Kaapstad Internasionaal, en Happy is reeds weg om hul te gaan optel. Ek gebruik die tyd om bietjie wasgoed te was en my hare te laat sny voor die bruilof. Terwyl ek vir my wasgoed wag ontmoet ek vir Rudo en sy vrou, Susan by ‘n versteekte eetplekkie genaamd Festive Undergound Eatery. Jy moet inderdaad weet presies waar om te soek vir hierdie plek in ‘n agterstraatjie agter ‘n dodgy besigheid wat miskien tweede-handse karre verkoop en miskien karate klasse aanbied maar dalk gewapende reaksie bied. Die bordjie buite is hoogs vaag en uitsluitlik onduidelik. Ek het nog nie vir Rudo en Susan gesien sedert hul afgetrek het Kaap toe nie, en ons het baie om op te vang. Rudo het sy eie besigheid begin wat matrasse (wat hy self ontwerp het) en kussings vervaardig en versprei via hul webtuiste (Bitter cool idee, check dit uit hier), terwyl Susan ongelooflike werk doen as grafiese ontwerper. Dit is altyd so lekker om met die twee op te vang - ek en Rudo gaan lang jare terug. 
Nadat ek my skoon klere gaan optel het, sluit ek aan by Happy en die res van die manne by Blue Peter. Dis onmiddelik ‘n blerrie gemors (I say this with affection) en PC besluit spontaan dat ons die hoofaantrekkingskrag van die plek is, en dat hy sal dien as serimoniemeester. Wouter verloor sy beursie, Tiaan verloor beheer van die situasie, en PC verloor sy hart. Die liefde is ‘n groot geheimenis en PC het daarin gepoog om dit deur middel van interpretiewe dans aan die skare te verduidelik. Ongelukkig het min mense opgelet, en as ons nie die akrobatiese dade op film vasgevang het nie, kon dit verlore gegaan het. Dit sou ‘n skande gewees het, want ware kuns is skaars.
PC het van sy mede-Phalaborwiërs wat in die area is oorgenooi om by ons aan te sluit. Twee ongelooflike mense met harte van goud en glimlagte so breed soos die horison. Frank en Celeste Streicher. Twee absolute legendes wat binne ‘n middag diep in ons almal se harte ingekruip het om vir ewig daar die wag te hou oor ‘n perfekte dag langs die strand. Frank en Celeste wat besig was om ‘n blyplek te soek sodat Frank sy fisioterapie-praktyk af te skuif Kaap toe. Frank en Celeste wat met deernis en liefde en aansteeklike goedhartigheid saam ons kon lag en sing en sorgvry hulself geniet tussen ‘n klomp vreemdelinge wat oombliklik vriende kon word. Frank en Celeste wat skaars ‘n week later in tragiese omstandighede saam met hul seuntjie in ‘n motorongeluk oorlede is. Frank en Celeste wat hul dogtertjie agterlaat in hierdie onsekere wêreld. Partykeer kan mens nie verstaan hoekom daar soveel seerkry en swaarkry in hierdie lewe is nie. Hoekom twee sulke ongelooflike mense van hul geliefdes as weggeneem moet word nie. Al wat ek weet is dat Frank self sou gesê het dat God in beheer is. En dat hulle nou veilig by hom is. Die hemel is miskien nou klein bietjie helderder, al is ons harte bietjie donkerder. Ek dink die les is dat ons voluit moet lewe terwyl ons hier is, dat ons almal met onblusbare liefde en omgee moet hanteer, dat ons moet lag uit ons harte en God moet dien waarookal ons gaan. Nes Frank en Celeste gedoen het. RIV, vriende.
Dag 8: Blouberg na Swellendam
240 km
Na Blue Peter het ‘n paar van ons die dag se gebeure in oënskou geneem op die balkon, met behulp van ‘n glasie wyn. PC was in die hoofslaapkamer besig om te droom oor verlore liefdes, Haps op die bank in die sitkamer, Wouts en Park in die een kamer terwyl ek en Tiaan “T-Slice” rustig in die ander kamer geslaap het. ‘n Heilsame ontbyt is aan ons bedien by Doodles om ons in die regte gemoedstoestand te plaas vir die pad Swellendam toe. In Strand tref ons verkeer. PC knip ‘n uiltjie. Wouter en Park vind dit snaaks vanuit die agtersitplek van Happy se huurkar. By ‘n Engen garage kry ons vir Xander langs die pad. Nou, dikwels by troues is daar gaste van ver af kom. Oom Johan en tannie Fransie sal dalk deurry vanaf Thabazimbi om ‘n troue by te woon in Pretoria. Of dalk vlieg iemand van die Kaap af op. Hierdie is opmerklike en belangrike dinge. Maar min mense vlieg 24 ure reg rondom die wêreld soos Xander Riekert. New Zealand is bitter ver van Swellendam af, selfs per vliegtuig. Met ons nuwe internasionale reismaat by ons aagesluit durf ons toe die pad aan met nuwe moed. Ek en PC sing luidkeels aan allerlei lekkersing treffers en Xander verduidelik iets vir Tiaan in die kar voor ons met heftige handgebare. Gelukkig word sy storie onderbreek toe ons by Riviersonderend aftrek vir die beste pasteie op hierdie planeet. In Swellendam koop ons ‘n vleisie en ‘n stukkie suurdeeg vir die aand se ete en gaan klok in by ons tuiste vir die volgende twee dae. Martin, Haps en Wouts is deel van die prosessie en gaan braai saam die bruidspaar en hul families terwyl die res van ons in die swembadjie sit en ‘n biertjie geniet terwyl die son ondergaan teen die agtergrond van die Zuurberge. Die aand speel ons Survivor. Tiaan word konsekwent eerste uitgestem. Hy voer aan dis omdat hy ‘n fisiese bedreiging is en ons klomp lafaarde. Ek besluit ek gaan vir Wihan Wihan saam met my neem na die finaal, aangesien hy reeds aan die slaap is en maklik verslaan kan word. Ek word onmiddelik uitgestem. Eerlikheid word nie beloon in hierdie spel nie.
Dag 9: #JCVanZylTroue
Vyfuur die oggend word ons wakker gegil.
“Dis ‘n BRAND!!”
“Dis ‘n VUUR!!”
Instinktief pluk elkeen ‘n onderbroek oor sy hoof (oorblyfselfs van ‘n fire-drill proses vanuit ons koshuisdae). Die vorige aand het ons ‘n massiewe kampvuur aanmekaar geslaan om die atmosfeer en ambians reg te kry vir die tribal councils waar Tiaan keer op keer uitgestem is en rustig in die windstil nanag gaan slaap. Die vroegoggend bring toe met hom magtige winde wat soos ‘n vloed oor die berge stroom deur die vallei. Park en Xanties is gelukkig paraat genoeg om te besef dat die Kaap in sy huidige toestand nie besonders brandbestand is nie en dat warrelende kole in ‘n droë veld ‘n slegte idee is. 
Die uiteinde is dat die hele huis wakker is nog voor ‘n haan kon kraai in verloëning. Wihan en Tiaan probeer hul bes om nog ‘n uur of twee se slaap in te kry, maar die burgers gun hul geen rus nie. Uiteindelik is almal wakker en gestort en ons mik Barrel and Blues toe vir ontbyt en ‘n laaste doppie saam Jannes as ongetroude man. 
Tumblr media
Helfte van die trougaste daag op en kort voor lank moet Jannes ons smeek om te gaan regmaak en asseblief nie laat te wees vir die diens nie. Ek tel vir Eckhardt “Eckbeer” Breet langs die pad op en ons reken daar is genoeg tyd vir ‘n laaste biertjie in die swembad voordat ons die kerk moet betree. Ons word verder versterk in ons oortuiging toe ons besef die kerk is slegs een Suid-Afrikaanse kilometer vanaf ons woning. 
‘n Halfuur voordat die diens begin is ons uitgevat. Ek, Tiaan, Wihan, PC en Eckbeer lyk ongelooflik goed. Hare is gegel, baarde is getrim, skoene is gepolish en monde is gespoel. Ons is gereed. Met groot fanfare durf ons toe die lang pad aan en ‘n minuut later staan ons voor die kerk en wonder wat om met onsself te doen vir nog 25 minute.
Tumblr media
Die gaste daag een vir een op, ou vriende word gegroet, en die kerk raak vol. Jannes daag op en lyk beter as ooit tevore. Eckbeer se eks kom sit voor ons. Eckbeer voer aan dit is nie sy eks nie. Ek en Du Toit glo hom glad nie. 
Ek dink toe Clarissa die kerk binnekom was daar nie ‘n droeë oog of ‘n ongelukkige hart in daardie Swellendamse kerkie nie. Dit is my gebruik om vinnig te loer na die Bruid voordat ek die Bruidegom se reaksie dophou wanneer sy instap. Clarissa lyk soos ‘n engel! Sy is sprankelend in die sonlig wat deur die vensters stroom, en ek draai om te sien hoe Jannes sal reageer en is onmiddelik in trane. Jannes breek my. Hierdie twee mense is gemaak vir mekaar en ‘n herbevestiging daarvan dat liefde wen. Ek is so bly vir hulle, en ontsaglik lief vir beide van hulle. Die dominie draf die diens deur in sy tekkies, en ons gooi hul met ons harte buite die kerk. Phillip staan eenkant en speel met sy drone. 
Tumblr media
Die res van die aand snel verby soos ons lag en kuier en gesels en dans asof daar nie ‘n bekommernis in die wêreld is nie. Miskien, op daardie oomblik, was daar werklik nie. Daar was ‘n wonderlike groep mense bymekaar, die beste wat jy voor kan hoop. Maar hoe dan anders? Dis immers Jannes en Clarissa wat trou.
Dag 10: Swellendam na Bloemfontein
990 km
Die feit dat meeste van ons eers 4h in die bed gekom het, het dit eksponensieël vergemoeilik om vroeg uit die bed te klim. Maar ons moes in die pad val want die Boewe moes hul vliegtuig gaan vang in George, terwyl ek tot in Colesberg moes ry waar ek sou oorslaap die aand. Wihan Wihan besef mettertyd dat hy sy sleutel die vorige dag in die Barrel en Blues gelos het. Die eienaar is egter op hierdie Sondag na familie in die Karoo en die plek is gesluit. Na ‘n lang skattejag met Happy wat beheer neem, spoor hul toe ‘n kelnerin op wat uiteindelik die plek vir hul kon oopmaak sodat Wihan sy kar kon kry en terugbestuur Hermanus toe. Teen daardie tyd het ek en die boewe reeds gestop vir ‘n garage pie en red bull elk voordat ek hul by die lughawe afgelaai het. Tiaan en PC het ons vermaak met hul weergawe van ‘n inbelprogram op RSG oppad daarheen terwyl ek en Wouter gewerk het aan ons opkomende selfhelp-boek.
Eweskielik is ek weer alleen. Die ononderbroke gelag en geraas van die afgelope paar dae is saam met die Boewe by George afgelaai en dis alweer net ek en die pad. Maar hierdie keer het ek nie tyd vir allerlei ompaadjies nie - ek moet in Colesberg kom voor sononder. Ek neem die N12 uit George uit en ry teen die Outiniqua pas uit - so mooi en onheilspellend soos enige pas in die Cederberge met een of twee verskille. Dis grasgroen. George lê in die middel van die tuinroete en bly een van die mooiste dele van ons land. Die ander verskil is, ek het skaars kans om ordentlik die skoonprag in te neem. Die pas kronkel en draai om die berge en ek moet my oë op die pad vasgenael hou of oor die afgrond stort. Die rustigheid van my eerste paar dae se sorgelose verkenning is iets van die verlede.
Ek neem die N9 op deur Uniondale, Willowmore en Aberdeen voordat die donker my vang net voor Graaff-Reinet. Toe ek oor die bult kom word ek begroet deur die ongelooflikste sonsondergang oor die Karoo. Doodmoeg kom ek in Colesberg aan en bel die plek langs die Gariepdam waar ek sou oorslaap die aand. Dis reeds stikdonker en my blyplek is nog ongeveer 90km oor onbekende  paaie weg. Volgens my is al my verblyf vooraf reeds gereel en ten volle betaal en met gerustheud bel ek dus net om seker te maak hoe om te ry en waar ek moet incheck. Die dame aan die ander kant van die lyn kry egter geen rekord van my bespreking nie. Ek dring aan dat dit daar moet wees en dat sy moet aanhou soek, maar sy vind my naam nêrens. Ek besef ek het die bespreking reeds 5 maande gelede gemaak, en daar is waarskynlik ‘n moontlikheid dat ek ‘n fout kon maak. Ek vra of hul my op kort kennisgewing kan uithelp met blyplek, en die dame verseker my hul kan. Toe ek egter my padkaart bestudeer, besef ek dat dit my slegs ‘n uur langer sou neem om tot in Bloemfontein te bestuur - en dat ek dan op nasionale snelweë sou bly, teenoor die onbekende en moontlik grondpaaie wat ek sou moes ry na die Gariepdam. En boonop sou ek die volgende dag daardie hele pad weer moes terugry. Net daar besluit ek om maar eerder deur te skiet tot in Bloemfontein en ‘n plekkie te vind om my kop neer te lê. Gelukkig is daar ‘n gastehuisie wat vir my plek het een of twee blokke vanaf die afdraai, en ek val met groot dankbaarheid neer in die bed en raak onmiddelik aan die slaap. Ek het deur ongelooflike mooi landskap gery vandag, maar ek kon dit nie inneem nie. Miskien was ek net te moeg. Miskien het ek my punt van versadiging bereik. 
John Steinbeck het in sy boek ‘Travels with Charley’ geskryf dat hy daardie punt kon bereik op ‘n toer - waar hy net nie meer die dinge wat hy sien waardeer nie. Elke berg lyk soos die berg voor dit, elke sonsondergang dieselfde. Ek dink my proses is verhaas deur die skielike verandering in tempo. Ek het gegaan van ‘n selfgedrewe ontdekkingstog sonder veel van ‘n eindbestemming na ‘n wonderlike, chaotiese kuier saam fantastiese mense. En nou moet ek al die pad terugry met die horlosie wat in my ore tik. Ek dink ek het tot ‘n mate die stukkie paradys in die Karoo verbygesnel, en dit is hartseer. 
Dag 11: Bloemfontein na Johannesburg
400 km
Voor die son op is, is ek weer oppad. Ek is haastig om by die huis te wees, in my eie bed te slaap, en op my eie bank te lê en TV kyk. Hierdie deel van die land hou vir my niks nuuts nie, en die enigste doelwit is om by die huis uit te kom. Ek luister na ou bekende musiek, Leonard Cohen, Laurika Rauch en Koos Dup. In Kroonstad stop ek vir ontbyt, en eet sommer so in die verder ry. Gauteng lê en wag vir my in ‘n digte miswolk toegevou. Die musiek en die weer laat my die gebeure van die afgelope paar dae herspeel in my kop. Die plekke wat ek gesien het, die mense wat ek ontmoet het. Dis asof my tuisprovinsie geweet het presies in watter bui ek sou tuiskom en alles gedoen het in sy vermoë om die skok te versag. Teen die tyd wat ek op die M1 klim en die stad binnery het die mis begin wegkwyn voor die son en die sagte herfslig verlig my stad soos ek oor die bult kom en die grootste mensgemaakte woud homself voor my oopvou. My gunsteling stad, my gunsteling seisoen. Ek ry die bekende strate binne en die oggend reën goud rondom my neer. 
Die vraag is nou of ek verander het op hierdie trip? Waarskynlik nie op enige manier wat iemand anders sou kon agterkom nie. Het ek iets geleer? Waarskynlik nie iets wat ek in woorde kon verduidelik nie. Ek kom moontlik terug met meer vrae as antwoorde, en dis ook okay. Ek het iets gedoen waaroor ek al vir jare droom. Ek het dinge gesien wat bitter min ander mense al het. Ek het geswem sonder die spreekwoordelike haainet om my te beskerm, en geval sonder om te weet wie my gaan vang. 
Ek het gelewe. Ek het beleef. Ek het gevloek en geskel en geval en weer opgestaan. Ek het gebrand in die woestyn en gevries in die oseaan. Maar soos Johan C. Bakkes gesê het,.. Ten minste was ek nie lou nie. 
2 notes · View notes
artsvark · 7 years
Text
Eerste Afrikaanse film word in Spaans vertaal
Eintlik Nogal Baie “Realmente Bastante” – Die eerste Afrikaanse film wat in Spaans vertaal word. Uit die pen van Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen, het M4gic-J Entertainment gedurende 2016 die opwindende Afrikaanse film, Eintlik Nogal Baie, na die silwerdoek gebring.
Tumblr media
Eintlik Nogal Baie
Eintlik Nogal Baie is gebaseer op ‘n draaiboek, naamlik Ally, met karakters geskep deur Jarrod de Jong. “Met ‘n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ‘n storie wat gelaai is met ‘n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie ‘n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” sê de Jong. Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks- kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse.
Stage and Screen sê: “Die vervaardigers het nie net daarin geslaag om ‘n skerp, goed deurdagte draaiboek op die been te bring nie, hulle het daarin uitgeblink. Twee elemente wat die sterk draaiboek ondersteun, is ongetwyfeld die regie en die naatlose redigering, wat ‘n vinnige pas aan die film verleen.”
youtube
Afrikaansefilms.com sê: “Hierdie rolprent wat verrassende sterk ooreenkomste met die uiters suksesvolle Pad Na Jou Hart toon, bied nietemin steeds ’n welkome afwisseling op die gebruiklike sprokieseinde. Eintlik Nogal Baie beloof om nie slegs ligte vermaak aan die kykers te verskaf nie, maar ook om hulle hartsnare te roer en hul oor die lewe te laat besin.”
Die rolverdeling sluit baie ander bekende en gewilde name in soos Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein die Vries.
André Lötter is bekend vir 7de Laan (waarin hy tans die rol van Rickus Welman vertolk). “Dit is definitief ‘n film wat die hartsnare prikkel en jou weer laat glo in die lewe. Om die rol van Jay te kon vertolk, was baie bevredigend en het my as mens en akteur verdiep”, se Lötter.
In samewerking met Leomark Studios, LLC in Los Angeles is die rolprent vertaal in Spaans en word dit eersdaags vrygestel op DVD en VOD in lande soos Amerika, Puerto Rico, Dominican Republic, Cuba, Mexico, Guatemala, El Salvador, Nicaragua, Costa Rica, Panama, Colombia en Venezuela.
youtube
Die titelsnit Eintlik Nogal Baie deur die 1925BAND, wat nommer 1 was op verskeie plaaslike radio stasies, word ook vertaal in Spaans deur Storm Rekordz onderleiding van Mel Botes, asook 1925BAND se nuwe enkelsnit van die rolprent, Gedig Op Jou Arm. Beide liedjies sal die Afrikaanse weergawes vervang in die Spaanse vertaalde prent Realmente Bastante.
Die enkelsnit en musiekvideo vir die liedjie, Gedig op jou arm, deur die 1925Band is pas bekendgestel.
SOSIALE MEDIA SKAKELS
Eintlik Nogal Baie
Webblad
Facebook
Instagram
Twitter
1925BAND
Webblad
Facebook
Twitter
Gedig op arm is geskryf deur een van die lede in die groep, David-Lee Gericke. “Dit het begin deur ‘n droom wat ek gekry het toe ek sestien jaar oud was. In die droom het ‘n engel met my kom praat en my aangemoeidg om ‘n liefdeslied vir die Here te skryf. Ek het wakker geword en binne ‘n kort rukkie was die lirieke geskryf en die liedjie getoonset. Ons speel die liedjie gereeld by ons vertonings en oral waar ons kom word mense aangeraak deur die lied. Die liedjie beteken ongelooflik baie vir ons en ons is bevoorreg dat die publiek nou die liedjie gaan hoor”, sê David.
Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation, The DTI, MadRobot en was deur Times Media Films plaaslik versprei.
Eintlik Nogal Baie is beskikbaar op DVD en DStv Box Office sedert 24 Februarie 2017.
  Eerste Afrikaanse film word in Spaans vertaal was originally published on Artsvark
0 notes
benbrecht · 1 year
Text
Sagte ys en Frikkie die hadida
Bewondering, soos om te droom, is ʼn ondergewaardeerde toestand. Wanneer was daar al ʼn oomblik wanneer jy in verwondering van iets of iemand gestaan het en enigsins ʼn sweempie van ongelukkigheid gevoel het? Myns insiens is bewondering immuun teen swaarmoedigheid, veral wanneer dit opreg is en sonder nyd of jaloesie gepaardgaan. Jy kan iemand se sangstem bewonder sonder om bitter of negatief te raak oor jou eie sangstem wat beton laat smelt en as ʼn brandalarm gebruik kan word. Ek glo ʼn mens kan ander hulle gawes gun sonder om noodwendig verontreg te voel.
Dink ook maar daaraan wanneer jy menslike skoonheid raaksien – myns insiens is daar niks daarmee fout om uiterlike skoonheid te bewonder nie. Daar is nou een maal net mooier mense, vir enige rede kan hulle uiterlike skoonheid jou beweeg, maar steeds – daar behoort nie iets inherent verkeerds daarmee te wees om ʼn eksterne aantreklikheid aan jou te hê nie. Dieselfde met mense se gedrag wat jy kan bewonder – klein dinge kan jou roer, van die manier wat iemand hulle koffie maak tot hoe hulle hulle tong uitsteek en liggies byt wanneer hulle konsentreer. Of hoe hulle vir plante name gee – Orpa, Steffan, Lientjie, Gertie en Poeksie kry bietjie warm deesdae, maar ek gaan vandag vir hulle elkeen ʼn gedig lees om hulle bietjie beter te laat voel.
Daar was al tye wat ek mense op hul stralende geaardheid, inbors, en emosionele magnetisme (oe, hokaai) gewys het. Maar hierdie hansworsbaba (ter opheldering: Ek probeer nie sê my ouers is hansworse nie, maar dat ek ʼn hanswors én ʼn baba is) kan mos nou nooit die moed bymekaarskraap om iemand op hulle skoonheid te wys nie. Dit het moontlik te make met my (verkeerde) aanname dat almal weet hoe mooi en aantreklik hulle is, ek gaan nul en geen verskil maak deur dit vir hulle te sê nie. Maar dalk is dit ʼn voorneme vir 2023 – om te besef daar mag mense wees wat nie weet hoe mooi hulle is binne en/of buite nie en dit vir hulle te sê. Ek moet bieg dat daar ʼn persoon of twee was wat dit al vir my gesê het, maar ek wou dit nie glo of met grasie aanvaar nie. Ek het op ʼn stadium deur die strate van Amsterdam geloop en saggies vir mense wat net vir hulle voet kyk probeer sê “Kyk net op, Mooiste”, omdat ek wou hê ander mense moet hulle ook raaksien.
My een-ding-red-dalk-ʼn-duisend vir vandag is om skoonheid rondom jou raak te sien, soms te herken en te aanvaar dat jy party dae daardie skoonheid is, en vir daardie skoonheid te bedank vir hulle teenwoordigheid in jou lewe.
0 notes
rausule · 9 months
Text
DIE TEATER EN DIE GODE¹
Tumblr media
Ek het nie hierheen gekom om 'n surrealistiese boodskap te bring nie; Ek het gekom om te sê dat surrealisme in Frankryk uit die mode geraak het: en baie dinge het in Frankryk uit die mode geraak en ons gaan steeds voort om hulle buite Frankryk na te boots, asof hulle die gedagte van daardie land verteenwoordig.
Tumblr media
Die surrealistiese houding was 'n negatiewe houding, en ek het gekom om te sê wat dink, in my land, 'n hele jeug wat honger is vir positiewe oplossings en wat weer 'n smaak vir die lewe wil kry. En wat hy dink is wat hy gaan doen.
Die nuwe aspirasies van die jeug in Frankryk is nie iets waaroor in boeke of koerante gepraat kan word nie, soos 'n bisarre siekte beskryf word, 'n eienaardige epidemie wat niks met die lewe te doen het nie. 'n Epidemie van die gees spring in die liggaam van die Franse jeug op, wat nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie
siekte, maar dat dit 'n verskriklike behoefte is. Dit is 'n kenmerk van hierdie tye dat idees nie meer idees is nie,
maar 'n testament wat op die punt staan ​​om in dade oor te gaan.
Tumblr media
Agter alles wat in Frankryk gedoen word, is daar tans 'n testament wat gereed is om op te tree. Wanneer die jong skilder Balthus 'n portret van 'n vrou skilder, toon hy duidelik sy wil om die vrou werklik te transformeer, om haar te laat pas by wat hy gedink het. Deur haar skildery openbaar sy 'n verskriklike, veeleisende idee van liefde en van vrou; en hy weet hy praat nie met die leemte nie, want sy skildery besit 'n geheim van aksie.
Hy skilder soos iemand wat die geheim van weerlig ken.
Totdat die geheim van weerlig aangewend word, dink die wêreld dit is iets wetenskapliks, en laat dit aan die wetenskaplikes oor; maar eendag gebruik iemand hierdie geheim van weerlig, en gebruik dit vir die
vernietiging van die wêreld; dit is dan dat die wêreld hierdie geheim begin oorweeg. Jeug wil hê dat ons die geheime van dinge met hul veelvuldige gebruike moet herlees.
Daar is ook 'n idee van kultuur wat nie in skole onderrig word nie; want agter hierdie idee van kultuur is daar 'n idee van lewe wat net die skole kan belemmer, want dit vernietig hul leringe.
Hierdie idee van die lewe is magies, dit veronderstel die teenwoordigheid van 'n vuur in elke manifestasie van menslike denke; en hierdie denkbeeld wat vlam vat, vir ons almal vandag, blyk vervat in die teater; en ons glo dat teater gemaak is om dit te manifesteer, maar vandag dink die meeste mense dat teater niks met die werklikheid te doen het nie. Wanneer ons praat oor iets wat die werklikheid karikatuur, dink almal dis teater; terwyl daar baie van ons in Frankryk is wat glo dat net ware teater vir ons die werklikheid kan wys.
Europa is in 'n toestand van gevorderde beskawing: ek bedoel dit is baie siek. Die siel van die jeug in Frankryk is om teen hierdie toestand van gevorderde beskawing te reageer. Hy het nie Keyserling of Spengler nodig gehad om die universele ontbinding van 'n wêreld te voel nie
wat leef op die valse idees van die lewe wat die Renaissance aan hom nagelaat het. Die lewe lyk vir ons in 'n toestand van verstrooiing
57
0 notes
tumbletumula · 1 year
Text
Geskiedenis van nou, en die Re Midas
Tumblr media
Tema: Geskiedenis van tyd, en koning Midas ” God a priori wetlike basis: dit is moontlik. Thomo: «blaartjies pur mo' nate» (Purgatorio, VIII, 28) Maar wanneer geloof 'n openbare aangeleentheid is, praat Dante byvoorbeeld van die «fogliette pur mo' nate» (Purgatorio, VIII, 28), dit wil sê die klein goue blaar "wat pas uitgespruit het" geskryf deur die oorledene op blaar van gout; hier gerapporteer is 'n monster wat gevind is in 'n private piramide van 342 vC wat in Thurii gevind is. Die woord leef vandag nog in sommige Italiaanse dialekte. In Napolitaans, byvoorbeeld, is die lokusie mo' mo' algemeen, om "onmiddellik nou" te sê, dit wil sê onmiddellik nou.
Tumblr media
Moderne geskiedenis sal dus, volgens die letterlike betekenis van die terme, beteken die "geskiedenis van nou", die "geskiedenis van ons lewe wat in remissie op bladgoud op skrif gestel is". Kontemporêre geskiedenis dus. En eintlik is dit so, en die toeval verdien beide om onderstreep te word en om verduidelik te word, en dit des te meer aangesien die feit dat modern en kontemporêr absoluut dieselfde betekenis van verwysing na huidige gebeure het, nie altyd bewaar word nie verstand soos dit verdien: inderdaad, vir die grootste deel word dit nie eers gewaarsku nie. Vir Brant spruit alle besondere "wonderwerke" dus voort uit een van hierdie invloede. Hy probeer voortdurend aantoon dat geen ander krag nodig is om die beweerde magiese aksies, die verskynsels van towerkrag, droominterpretasie, handpalmkunde, nekromansie ensovoorts te verklaar nie. Terwyl populêre opvattings hierdie verskynsels slegs vir 'n mens se oë verstaanbaar kan maak deur die produk van persoonlike kragte en wilshandelinge daarin te sien, moet die man wat teoreties ondersoek hierdie aanname verwerp wat natuurlike gebeure aan willekeur laat. Trouens, selfs God se invloed op die wêreld kan slegs plaasvind deur die tussenganger van die hemelliggame, wat nie net tekens van die goddelike wil uitmaak nie, maar die outentieke en onmisbare tussenoorsake daarvan. 'n Retorikus kan toegelaat word om sy visie te verbreed en om lsonomia as 'n groot republiek te beskou, waarvan die verskillende inwoners byna dieselfde vlak van So'karatiese beskawing en kultuur bereik het. Die nie-So'Karatiese volke is in oorlog met die land: hulle is nie vyande nie, maar gewone mense van die onbeskaafde samelewing, en ons kan met angstige nuuskierigheid navraag doen of So'Karatiese liefdadigheid steeds bedreig word deur 'n herhaling van daardie onbeskaafde rampe. «blaartjies pur mo' nate» (Purgatorio, VIII, 28) vertaling uit die Egiptiese: pur mo'nate, beteken die smekinge wat die psychopomp vir Charon in die Onderwêreld skryf, word aanvaar en die oorledene kan direk na 'n rustige aardse lewe oorgaan weer. Die mo'nate is gerig aan Sa' Celso; die sarkofaag met die oorblyfsels van die heilige word in Santa Maria in Milaan gehou met die oudste kloktoring in Lombardye.
0 notes
pizza-ra-bizza · 1 year
Text
Gereformeerde Kerk eendag weer die siel van kultuur
Gereformeerde Kerk eendag weer die siel van kultuur!
In plaas daarvan wil ons 'n organiese kultuur versprei, 'n kultuur wat die harmonieuse kompleks van al ons geestelike aktiwiteite is, 'n kultuur wat in staat is om die menslike persoonlikheid te laat ontwikkel, denke te skep. Ons wil 'n kultuur hê wat reageer op die mees wettige behoeftes, op die diepste en mees onblusbare aspirasies van die menslike gees, deur die hoogste waardes van ons lewe te erken. En ons glo dat 'n kultuur met hierdie eienskappe slegs gegee kan word deur diegene wat die hervorming vra vir die beginsels van die lewe.
Moet ons nie verkeerd verstaan ​​nie. Ons wil nie 'n blote terugkeer na die hervorming hê nie: ons sê nie dat ons bloot die verlede moet herleef nie. Die geskiedenis van die verlede herhaal homself nooit. Ons is Middeleeuse, want ons het verstaan ​​dat dit nodig is dat die siel wat die hervorming kultuur geïnspireer het en die moeite werd is, juis daardie siel, wat volwasse is - ons kultuur ook inspireer, om ons eietydse denke te verlewendig. Dit wil sê, ons keer terug na die hervorming, nie om onsself daarin te stop en te kristalliseer nie, maar om doeltreffende wapens daarin te vind om die toekoms te oorwin, dit wil sê om te verseker dat,
net soos die Gereformeerde Kerk destyds die siel van kultuur was, so is dit, of liewer dit word vandag nog. Oortuig, soos ons is, van die ewige lewe. soheid van die Christendom, van die goddelikheid van sy oorsprong en van die bonatuurlike aard van sy missie, is ons seker dat die Gereformeerde Kerk eendag weer die siel van kultuur moet word en dat dit soveel gouer sal word as wat sy skugter seuns hoop. daardie
laat sy teëstanders hom nie vrees nie. Geanimeerd deur hierdie sekerheid (wat vind.)
bron en voeding op die einste bladsye van die gedagtegeskiedenis), steeds oortuig dat die denklewe van 'n era is wat dit is en nie anders nie, selfs in soverre dit 'n blik op en ontleen aan die geskiedenis van die verlede, som ons ons program in hierdie woord: die Gereformeerde Kerk!. Hierdie woord is vir ons dierbaar omdat dit 'n gedagte uitdruk wat stadig in ons siele verouder het, danksy ywerige studie en langdurige meditasie. Hierdie woord is vir ons dierbaar, wat soos 'n klok in ons ore lui die stryd aan te kondig, soos 'n Diana wat na die nuwe dag nooi.
Oi hierdie woord is dierbaar; dit wek in ons harte die sterkste hoop
ranze ; dit wek in die herinnering visioene van die triomfe van die gereformeerde kerk; dit plaas 'n soet emosie in ons hele wese:
soldate van 'n idee, ons moet wen, want die idee waarvoor ons veg, oorheers die eeue. Ons verklaar onsself dus "die hervorming", om nie 'n bynaam by die professie van ons Katolisisme te voeg nie, amper asof Katolisisme slegs of ten minste in sy mees volmaakte tipe in die hervorming is; en 'n roemryke republikeinse teenstander het ons absoluut nie verstaan ​​nie, wat, toe hy ons konferensie by die Pro Coltura bygewoon het, het hy kommentaar gelewer en gesê dat ons selfs verder moes teruggegaan het, tot aan Christus. Natuurlik is ons Christene en Katolieke, natuurlik nie meer of minder as die arm vrou nie ongeletterde ou dame wat haar gebed opsê. Natuurlik, ons wil samelewing terugkeer na Christus, en dat aangesien Christus vandag in sy Kerk woon, hoe in die hervorming, soos in die eerste eeue van die Christendom, wil ons hê dat die samelewing moet terugkeer na die Kerk. Maar dit is nie die vraag wat ek stel nie. Dit gaan oor die verhouding tussen Christenskap en kultuur. En hier sê ons dat bidroom om ons weer aan die die hervorming te verbind, want dan was Christus en sy lewegewende siel van die Kerkkultuur ; ons moet daardie edele tradisie hervat, wat ongelukkig om veelvuldige oorsake, vanaf die hervorming.
0 notes
moomie-marketing · 6 years
Text
‘n BORSVOEDENDE MAMMA SE DIEET – by: BabyGuideForTheModernMother
Gedurende swangerskap is daar ‘n redelike lang lysie van kossoorte wat jy liewers moet vermy, maar een item wat ek onthou mense my aangeraai het om maar so veel van te geniet voor baba kom, is sjokolade.
Hoekom dan nou sjokolade? Wel dis oor baie mense glo dat sjokolade vir baba sal krampe gee as mamma borsvoed. Daarom is daar dan ook ‘n lang lysie kossoorte wat mense graag met jou deel, van wat jy nie mag eet terwyl jy borsvoed nie.
Die lysie kan so lank word en die druk om perfek te eet vir goeie melk so groot, dat mens sommer mismoedig raak en wonder; "Nou wat mag ek dan nou eet? Ek gaan honger ly!"
Maar wanneer weet jy of jy die buur-tannie of vrou in die supermark se raad moet volg?
Wel wees gerus, ek gaan met julle deel presies watter kos soorte julle moet vermy as julle borsvoed.
Kos soorte om te vermy: 1. Kos wat julle nie van hou nie. 2. Kos wat baie potte vuil maak (As julle nie van skottelgoed opwas hou nie)
Dis korrek, julle het reg afgelei, ‘n borsvoedende mamma kan enige iets eet wat sy wil en ‘n mamma hoef geen spesifieke dieet te volg vir goeie melk nie, want haar melk is altyd perfek vir haar unieke baba en selfs vroue in hongersnood se babas floreer op hul moedersmelk.
Nou sit en wonder julle seker oor Sannie se baba wat dan verskriklik krampe kry as sy brokolie of uie eet?
Daar is natuurlik raar uitsonderings waar ‘n baba effens sensitief is vir iets in mamma se dieet, gewoonlik sal dit melk proteine wees, maar meer gereeld verwar mammas die normale krampe en winde wat elke baba kry as gevolg van hul derm sisteem wat nog onder ontwikkeld is, as ‘n sensitiwiteit tot haar melk.
Wanneer jou baba wel sensitief is tot iets in jou melk, sal daar ‘n hele paar simptome wees wat daarmee gepaard gaan. Daar sal gewoonlik ‘n oormate van opgooi en spoeg wees, koliek, ‘n vel uitslag, baie slym en ‘n toe neus (alhoewel pasgebore babas van nature ‘n oormate slym in hul sinusse het na geboorte wat self opklaar).
Gewoonlik sal jou Pediater toetse doen om te bevestig of jou baba enige allergië het. Dan is dit ook nie noodwendig die einde van jou borsvoed verhouding nie, jy sal dan waarskeinlik net jou dieet moet aanpas om daardie kosse te vermy en die 6 weke moet wag vir die melk produkte om uit jou sisteem te wees voor al die simptome weg is.
Jy as borsvoedende mamma kan dus gerus wees en al die kosse geniet wat jy graag wil eet. Melk word buitendien uit die prolaktien hormoon in jou bloed gemaak en nie die inhiud van jou maag.
Kossoorte wat mammas gewoonlik oor bekommer, maar eintlik kan geniet sluit in; Sjokolade, Kerrie, Brandrissies, Gas koeldranke, Melk, Kase (Hard so wel as sag), Uie, Groen groentes, Kole en boontjies, Ys water, Biltong, Sushi, Seekosse, Suur kosse, Lekkers, Suiker, Neute, Koffie (as jy meer as 5 koppies n dag drink en jou baba jonger as 6 maande is kan jy kyk na party koppies oorskakel na decaff indien jou baba sensitief is)…
…selfs Alkohol!
Die hoeveelheid alkohol wat in jou melk kan opeindig is so min dat kenners sê; "Om dit in perspektief te sit, sal hulle eers bekommer of oor jy jou baba gaan laat val, voordat hulle sal bekommer oor jou melk."
Daarom hoor ons ook gereeld die slagspreuk, "As jy veilig is om jou baba te hanteer, is jy veilig om te voed."
Indien jy wel steeds ongemaklik voel met die idee, raai kenners aan dat jy dan eers jou baba voed en jou drankie direk daarna geniet. Teen die tyd dat baba weer wil drink, is die alkohol uit jou sisteem. Dis ook nooit nodig om melk uit te pomp en weg te gooi nie.
‘n Verdere bekommernis wat mammas het is watter kos kan hulle eet om meer melk te maak? Wel die enigste manier om werklik meer melk te maak is om jou borste meer gereeld te ledig, dus jou baba meer gereeld te voed of om te pomp.
Borsmelk word vervaardig op die vraag en aanbod sisteem. Indien jy dus die aanvraag vergroot deur meer melk te verwyder, sal jou liggaam reageer deur meer melk te produseer?
Maar wat van Bettie wat elke oggend ‘n groot bak oats pap eet en dan baie melk maak?
Wel dis waar, daar is sekere kossoorte en kruie wat die prolaktien in jou bloed kan vermeerder, mens noem hulle Galactogogues, maar hulle sal absoluut geen impak hê as jy nie die aanvraag van melk ook vergroot nie. Hulle is ook net effektief daardie eerste paar weke na geboorte terwyl jou produksie nog hoormoon aangedrewe is.
So hoekom werk dit dan steeds vir Bettie na soveel maande en hoekom glo mense aan "Jungle Juice" wat nie eens enige Galactogogues as bestandele bevat nie?
Dis die krag van ‘n mens se brein. Die dokters noem dit die "placebo effect", jy glo dit gaan help, so jou liggaam reageer. Maar in waarheid kan "Jungle Juice" baie skadelik wees vir mens en die groot hoeveel suiker is die perfekte voeding vir Sproei (Thrush), ‘n gis infeksie wat mamma en baba kan kry binne hul lywe, op mamma se tepels en ook op baba se doek area.
Indien jy gewonder het wat is als Galactogogues, hier is die lys (wel in Engels oor party kruie name);
Alfalfa Anise Seeds Barley Basil Oil Blessed thistle Brewers Yeast Caraway seeds Chai Seeds Dill Fennel Seeds / Oil Fenugreek Flax Seeds / Flour / Oil Garbanzo Beans Goat’s Rue Herb Hops Lettuce Moringa Herb Oatmeal Pumpkin seeds Red Raspberry Leaf Sesame Seeds Shatavari Herb
Party van hierdie items kan egter dodelik wees vir mammas met spesifieke mediese toestande en moet onder konsultasie van ‘n dokter gebruik word.
Dan is daar ook ‘n lys van kossoorte wat ‘n mamma se borsmelk minder kan maak indien sy te veel daarvan inneem;
Sage Peppermint (In candies as well) Spearmint (In candies as well) Parsley Oregano Chickweed Stinging Nettles Black Walnut Periwinkle Herb Herb Robert Yarrow Sorrel Lemon Balm Vitamin B6 (Inhibits the production of prolactin needed to produce milk)
Hierdie kossoorte sal egter net ‘n impak hê in baie groot hoeveelhede en jy hoef hulle dus nie heeltemal uit jou dieet te skakel.
Laastens soek mammas ook gereeld raad vir dieet planne om te volg om gewig te verloor. Dit is belangrik om te weet dat sensasionele dieet planne en vinnig werkende planne nie aanbeveel word vir borsvoedende mammas nie.
Die hoof rede hiervoor is dat die kenners sê dat indien ‘n mamma te vinnig gewig verloor, die skadelike  vetoplosbare omgewingsbesoedeling en gifstowwe wat in haar vet gestoor was, in haar melk kan beland.
Wat jy egter wel kan doen om jou dieet aan te pas en gewig te verloor is die volgende;
Begin eers met ‘n beter eet plan met die doel om gewig te verloor nadat jou baba twee maande oud is en jou melkproduksie goed onder weg is. Borsvoed op aanvraag en verkieslik langer as 6 maande, want studies het gevind dat mammas meer gewig verloor indien hulle langer as 6 maande aanhou en borsvoed verbrand ook kalorieë. Eet ten minste 1500 tot 1800 kalorieë per dag. Hou gewigsverlies onder 0.68kg per week. Verminder jou kalorieë geleidelik. Doen matige oefening. Vermy sensasionele dieet planne wat vinnige resultate belowe.
~*~*~*~
Het jy hierdie artikel geniet of baat gevind daarby? Kom volg asseblief my Facebook blad of webtuiste op die skakels hier onder;
Facebook:  http://ift.tt/2wDzqRL Webtuiste "Baby Guide for the Modern Mother": http://ift.tt/2xjj9oF
Skakels tot verdere inligting;
http://ift.tt/2B119Sr
http://ift.tt/2AEogQ5
http://ift.tt/2B39pRQ
http://ift.tt/2x8Hajf
http://ift.tt/2B39rsW
from Moomie Marketing http://ift.tt/2A41rEz via IFTTT
0 notes
moomiemarketing · 6 years
Text
'n BORSVOEDENDE MAMMA SE DIEET - by: BabyGuideForTheModernMother
Gedurende swangerskap is daar 'n redelike lang lysie van kossoorte wat jy liewers moet vermy, maar een item wat ek onthou mense my aangeraai het om maar so veel van te geniet voor baba kom, is sjokolade. Hoekom dan nou sjokolade? Wel dis oor baie mense glo dat sjokolade vir baba sal krampe gee as mamma borsvoed. Daarom is daar dan ook 'n lang lysie kossoorte wat mense graag met jou deel, van wat jy nie mag eet terwyl jy borsvoed nie. Die lysie kan so lank word en die druk om perfek te eet vir goeie melk so groot, dat mens sommer mismoedig raak en wonder; "Nou wat mag ek dan nou eet? Ek gaan honger ly!" Maar wanneer weet jy of jy die buur-tannie of vrou in die supermark se raad moet volg? Wel wees gerus, ek gaan met julle deel presies watter kos soorte julle moet vermy as julle borsvoed. Kos soorte om te vermy: 1. Kos wat julle nie van hou nie. 2. Kos wat baie potte vuil maak (As julle nie van skottelgoed opwas hou nie) Dis korrek, julle het reg afgelei, 'n borsvoedende mamma kan enige iets eet wat sy wil en 'n mamma hoef geen spesifieke dieet te volg vir goeie melk nie, want haar melk is altyd perfek vir haar unieke baba en selfs vroue in hongersnood se babas floreer op hul moedersmelk. Nou sit en wonder julle seker oor Sannie se baba wat dan verskriklik krampe kry as sy brokolie of uie eet? Daar is natuurlik raar uitsonderings waar 'n baba effens sensitief is vir iets in mamma se dieet, gewoonlik sal dit melk proteine wees, maar meer gereeld verwar mammas die normale krampe en winde wat elke baba kry as gevolg van hul derm sisteem wat nog onder ontwikkeld is, as 'n sensitiwiteit tot haar melk. Wanneer jou baba wel sensitief is tot iets in jou melk, sal daar 'n hele paar simptome wees wat daarmee gepaard gaan. Daar sal gewoonlik 'n oormate van opgooi en spoeg wees, koliek, 'n vel uitslag, baie slym en 'n toe neus (alhoewel pasgebore babas van nature 'n oormate slym in hul sinusse het na geboorte wat self opklaar). Gewoonlik sal jou Pediater toetse doen om te bevestig of jou baba enige allergië het. Dan is dit ook nie noodwendig die einde van jou borsvoed verhouding nie, jy sal dan waarskeinlik net jou dieet moet aanpas om daardie kosse te vermy en die 6 weke moet wag vir die melk produkte om uit jou sisteem te wees voor al die simptome weg is. Jy as borsvoedende mamma kan dus gerus wees en al die kosse geniet wat jy graag wil eet. Melk word buitendien uit die prolaktien hormoon in jou bloed gemaak en nie die inhiud van jou maag. Kossoorte wat mammas gewoonlik oor bekommer, maar eintlik kan geniet sluit in; Sjokolade, Kerrie, Brandrissies, Gas koeldranke, Melk, Kase (Hard so wel as sag), Uie, Groen groentes, Kole en boontjies, Ys water, Biltong, Sushi, Seekosse, Suur kosse, Lekkers, Suiker, Neute, Koffie (as jy meer as 5 koppies n dag drink en jou baba jonger as 6 maande is kan jy kyk na party koppies oorskakel na decaff indien jou baba sensitief is)... ...selfs Alkohol! Die hoeveelheid alkohol wat in jou melk kan opeindig is so min dat kenners sê; "Om dit in perspektief te sit, sal hulle eers bekommer of oor jy jou baba gaan laat val, voordat hulle sal bekommer oor jou melk." Daarom hoor ons ook gereeld die slagspreuk, "As jy veilig is om jou baba te hanteer, is jy veilig om te voed." Indien jy wel steeds ongemaklik voel met die idee, raai kenners aan dat jy dan eers jou baba voed en jou drankie direk daarna geniet. Teen die tyd dat baba weer wil drink, is die alkohol uit jou sisteem. Dis ook nooit nodig om melk uit te pomp en weg te gooi nie. 'n Verdere bekommernis wat mammas het is watter kos kan hulle eet om meer melk te maak? Wel die enigste manier om werklik meer melk te maak is om jou borste meer gereeld te ledig, dus jou baba meer gereeld te voed of om te pomp. Borsmelk word vervaardig op die vraag en aanbod sisteem. Indien jy dus die aanvraag vergroot deur meer melk te verwyder, sal jou liggaam reageer deur meer melk te produseer? Maar wat van Bettie wat elke oggend 'n groot bak oats pap eet en dan baie melk maak? Wel dis waar, daar is sekere kossoorte en kruie wat die prolaktien in jou bloed kan vermeerder, mens noem hulle Galactogogues, maar hulle sal absoluut geen impak hê as jy nie die aanvraag van melk ook vergroot nie. Hulle is ook net effektief daardie eerste paar weke na geboorte terwyl jou produksie nog hoormoon aangedrewe is. So hoekom werk dit dan steeds vir Bettie na soveel maande en hoekom glo mense aan "Jungle Juice" wat nie eens enige Galactogogues as bestandele bevat nie? Dis die krag van 'n mens se brein. Die dokters noem dit die "placebo effect", jy glo dit gaan help, so jou liggaam reageer. Maar in waarheid kan "Jungle Juice" baie skadelik wees vir mens en die groot hoeveel suiker is die perfekte voeding vir Sproei (Thrush), 'n gis infeksie wat mamma en baba kan kry binne hul lywe, op mamma se tepels en ook op baba se doek area. Indien jy gewonder het wat is als Galactogogues, hier is die lys (wel in Engels oor party kruie name); ⏺Alfalfa ⏺Anise Seeds ⏺Barley ⏺Basil Oil ⏺Blessed thistle ⏺Brewers Yeast ⏺Caraway seeds ⏺Chai Seeds ⏺Dill ⏺Fennel Seeds / Oil ⏺Fenugreek ⏺Flax Seeds / Flour / Oil ⏺Garbanzo Beans ⏺Goat's Rue Herb ⏺Hops ⏺Lettuce ⏺Moringa Herb ⏺Oatmeal ⏺Pumpkin seeds ⏺Red Raspberry Leaf ⏺Sesame Seeds ⏺Shatavari Herb Party van hierdie items kan egter dodelik wees vir mammas met spesifieke mediese toestande en moet onder konsultasie van 'n dokter gebruik word. Dan is daar ook 'n lys van kossoorte wat 'n mamma se borsmelk minder kan maak indien sy te veel daarvan inneem; ⏺Sage ⏺Peppermint (In candies as well) ⏺Spearmint (In candies as well) ⏺Parsley ⏺Oregano ⏺Chickweed ⏺Stinging Nettles ⏺Black Walnut ⏺Periwinkle Herb ⏺Herb Robert ⏺Yarrow ⏺Sorrel ⏺Lemon Balm ⏺Vitamin B6 (Inhibits the production of prolactin needed to produce milk) Hierdie kossoorte sal egter net 'n impak hê in baie groot hoeveelhede en jy hoef hulle dus nie heeltemal uit jou dieet te skakel. Laastens soek mammas ook gereeld raad vir dieet planne om te volg om gewig te verloor. Dit is belangrik om te weet dat sensasionele dieet planne en vinnig werkende planne nie aanbeveel word vir borsvoedende mammas nie. Die hoof rede hiervoor is dat die kenners sê dat indien 'n mamma te vinnig gewig verloor, die skadelike  vetoplosbare omgewingsbesoedeling en gifstowwe wat in haar vet gestoor was, in haar melk kan beland. Wat jy egter wel kan doen om jou dieet aan te pas en gewig te verloor is die volgende; ⏺ Begin eers met 'n beter eet plan met die doel om gewig te verloor nadat jou baba twee maande oud is en jou melkproduksie goed onder weg is. ⏺Borsvoed op aanvraag en verkieslik langer as 6 maande, want studies het gevind dat mammas meer gewig verloor indien hulle langer as 6 maande aanhou en borsvoed verbrand ook kalorieë. ⏺Eet ten minste 1500 tot 1800 kalorieë per dag. ⏺Hou gewigsverlies onder 0.68kg per week. ⏺Verminder jou kalorieë geleidelik. ⏺Doen matige oefening. ⏺Vermy sensasionele dieet planne wat vinnige resultate belowe. ~*~*~*~ Het jy hierdie artikel geniet of baat gevind daarby? Kom volg asseblief my Facebook blad of webtuiste op die skakels hier onder; Facebook:  http://ift.tt/2wDzqRL Webtuiste "Baby Guide for the Modern Mother": http://ift.tt/2xjj9oF Skakels tot verdere inligting; http://ift.tt/2B119Sr http://ift.tt/2AEogQ5 http://ift.tt/2B39pRQ http://ift.tt/2x8Hajf http://ift.tt/2B39rsW
0 notes